BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Sorg vir die heil van die siel - onbaatsugtige naasteliefde

1504 Elk vrye uur moet gebruik word vir take wat die welsyn van die mens betref. Die geestelike welsyn moet bo die aardse welsyn gestel word, want daar is geen tyd te verloor nie. Ook die duiwel gebruik alle geleenthede om die mens geestelike skade te berokken en daarom moet die Krag wat daarteen gaan, onophoudelik besig wees om sy werksaamheid te verhinder. Die goeie geestelike krag moet verenig in die werksaamheid teen hierdie mag en daarom mag daar geen onverskilligheid en geen nalatigheid voorkom wat die teenstander tot voordeel sou strek nie, want hy tree nou baie sterker op, hy verswak die wilskrag van hulle wat nie ywerig is met die werk teen hom nie en maak dat hulle moeg word.

Teen die gebod van die naasteliefde word ook gesondig, want daar word verslap in die stryd om die heil van die siele van diegene wat hulpbehoewend is. Dit moet julle ywerigste sorg wees om hulle te help, vir wie die geestelike ondergang naby is. Julle mag hulle nie aan die duisternis van gees oorlaat en julle nie onverskillig van hulle afwend nie, want hulle het julle hulp nodig. Hulle is swak en nie meer in staat om hulself uit die mag van die teenstander te bevry nie. Hulle besef nie die nood van hul siele nie, want alles om hulle heen is donker en sonder lig en daarom begeer hulle ook nie die lig nie.

Maar dit moet julle strewe wees, om `n liggie aan te steek en vir hierdie armes `n klein ligskynsel te bring, sodat hulle kan oplet en julle werk in ag kan neem. Julle moet alles probeer om die onverskilligheid teenoor die geestelik kennis te verander in opmerksaamheid. Julle moet hul gedagtes op die goeie weg wys. Julle moet hulle onderrig en hulle met nadruklike vrae aan hulle siele laat dink om die sin van die lewe te verstaan. Julle moet probeer om hulle te beweeg om die geloof in Jesus Christus aan te neem en hulle voorhou hoeveel seënryker `n gang oor die aarde in liefde is, as om maar net te lewe vir die eieliefde, naamlik die vervulling van aardse begeertes. Julle moet niks van hulle weerhou wat hulle die weg omhoog sal laat vind nie. Julle moet die leer van Christus vir hulle tot oorweging gee, dat hulle maar net opwaarts kan gaan deur in liefde te dien. Julle moet alles doen wat hierdie siele uit die nag van die gees na die helderheid van die dag kan voer. Dan is julle in die mees ware sin van die woord liefdadig.

Die mees onbaatsugtige naasteliefde is dit wat slegs die heil van die siel van sy medemens betref. Dit is `n taak wat oneindige liefde en geduld vra, want die wesens wat hulle in die duisternis bevind, is moeilik te beweeg om die Woord van God aan te neem. Hulle sal almal weerstand bied daarteen, omdat die vyand self julle sterkste teenstander is en die wil van hierdie mense aanspoor tot baie sterk weerstand. En tog kan die liefde van hierdie mense die oorwinnaar wees, as daar met onvermoeide geduld steeds weer om hierdie siele gestry word, juis met die hulpbronne van die liefde. Daar moet nie op die uiterlike kant van die mens gelet word nie, maar op sy siel, wat in `n beklagenswaardige toestand is en self nie meer die krag kan genereer om haar uit die kettings te bevry waarin die teenstander haar gebind het nie.

Wie hom nou in die lig bevind, d.w.s. bekend is met die waarheid, sy liefde sal die nood van sulke siele herken en nie ophou om homself vir hulle in te span nie. Hy sal deur innige gebed probeer om hulp aan hulle te bring. Hy sal die nood van hierdie siele aan die Vader in die hemel voorlê en Hom om krag smeek vir die verlossingswerk, wanneer sy eie krag nie voldoende is en die wil van die mens moeg raak, alvorens die siel vir die ewige lewe gewen is.

Wees daarom onophoudelik werksaam in liefde en laat alle liefde toekom aan die mense wie se siele hul in nood bevind. Laat julle nie deur mislukkings terneerdruk nie, maar verlang te alle tye na die krag uit God, dan sal julle in staat wees om die moeilikste take te vervul. Julle sal die siele van die teenstander ontruk en hulle na die hemelse Vader lei. En hierdie siele sal julle tot in alle ewigheid dankbaar wees daarvoor. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205