BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Onfeilbaarheid - Kerklike gebooie

1514 Julle plaas te veel vertroue op die onfeilbaarheid van die hoof van julle kerk, en julle is uiters mislei. Dit was nie God se wil dat Sy kerk willekeurig gevorm word deur mense in ooreenstemming met hulle wil nie. Alles wat korrek en behoorlik was om Sy onderrig te handhaaf en te versprei, is deur Jesus Christus self op aarde aan sy dissipels gegee. Hy het die verspreiding van sy onderrig afhanklik gemaak van die individu se wil om dit te aanvaar al dan nie. Hy het presiese riglyne gegee wat van toepassing was op almal wat Sy onderrig wou aanvaar. Dit het bestaan uit die beloftes wat gemaak was, op voorwaarde dat mense voldoen aan die vereistes van die Heer se onderrig.

Hy het altyd die vrye wil van die mens gerespekteer. Die mens moet sy besluite vrywillig en sonder uiterlike druk maak, en sodoende God se wil vervul. En aan hierdie mense het Hy die ewige lewe beloof, daarom vereis Hy slegs geloof in Hom en Sy Woord wanneer Hy sê: "Ek is die weg, die waarheid en die lewe, Ek is die middel, die wet en die vervulling, elkeen wat in My glo, het die ewige lewe." Sy liefde wil iets onvoorstelbaar wonderlik gee, naamlik die ewige lewe. En hiervoor vereis Hy slegs die mense se geloof en hulle wil. Maar dit is nie Sy wil om die mensdom, wat reeds in `n gebonde toestand op die aarde leef, met nuwe sondes te belas nie, Die bande van iemand wat waarlik glo in Jesus en Sy Woord sal losgemaak word, maar iemand wat nie glo nie, is reeds genoeg gestraf deur sy gebonde toestand, want hy moet vir `n ewigheid daarin bly.

Enigeen wat die Gebooie verontagsaam wat deur God Self aan die mens gegee is, enigeen wat dit ontken, pleeg `n sonde, dit wil sê, is ongehoorsaam aan God Wie liefde is, omdat hy nie die gebod van liefde gehoorsaam nie. Hy doen niks om homself te bevry van sy toestand nie, inteendeel hy doen alles om dit erger te maak. Die vervulling van hierdie gebooie is die enigste manier van kwytskelding, terwyl die oortreding daarvan presies die teenoorgestelde is.

Die dogma van onfeilbaarheid het egter `n nuwe wetgewer vir mense geword in soverre as wat hulle die Godgegewe Gebooie vermeerder het met verskeie ander, sodat die nuwe kerklike gebooie min of meer bygevoeg is tot God se gebooie en die versuim om aan hierdie wette te voldoen, beskou word as dieselfde sonde as om teen die God-gegewe gebooie te oortree. En hierdie fout het `n verskriklike nagevolg, omdat mense hulleself nou belas met heeltemal irrelevante, maar verpligte aksies, wat heeltemal onverwant is tot die gebod van liefde vir God en hul naaste. En nou fokus hulle slegs hul hele aandag op die onderhouding van hierdie kerklike gebooie en om hulleself dus so van vermeende sondes te verlos. Die somtotaal van hul siel se taak bestaan dus uit die nakoming van gebooie wat deur mense gegee is of om boete te doen vir die skuld van beweerde oortreding, maar die siel se verskriklike gebondenheid, wat slegs verlos kan word deur die liefde, word deur hulle geïgnoreer.

As hierdie gebooie nodig was, waarlik, sou God dit Self gegee het en die vervulling daarvan eerste aan Sy dissipels op aarde verkondig het. So het mense probeer om Christus se onderrig na willekeur te verbeter en het nie gehuiwer om hulself goddelike goedkeuring daarvoor te gee nie. Deur hulself te ag as verlig deur die Heilige Gees, terwyl hulle nog steeds in `n toestand ver verwyderd daarvan was, is besluit om wette te maak wat nie in ooreenstemming met God se wil is nie. Hierdie wette het mense se sin van verantwoordelikheid vir die God-gegewe gebooie aansienlik verminder, as gevolg van die feit dat die grootste aandag nou aan die nuwe verklaarde gebooie gegee word, tot so `n mate dat die mense dit nou suiwer outomaties onderhou en glo dat hulle Christus se onderrig volg wanneer hulle hul opgelegde plig vervul.

Die waarlik verligte mens word deur God gekies om `n einde te maak aan hierdie betreurenswaardige toestand van sake, dit wil sê om dit te openbaar. God kon egter nooit diegene verlig het wat sulke gebooie gemaak of goedgekeur het nie. Die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk is `n verwronge beeld van die uitstorting van die Heilige Gees. Enigeen wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, sal die valsheid van hierdie wette herken, maar die wêreldse kerklike mag het verhoed dat hulle hierdie groot valsheid regstel, want hierdie gebooie is nie deur die Gees van liefde gemaak nie. Wetgewers het min belang gehad in die vermindering van die take van die sukkelende siele om hul finale vrylating te bewerkstellig. Hul motief vir die maak van hierdie gebooie was eerder `n drang na meer mag en om die mense te lei na `n bepaalde toestand van afhanklikheid, want terselfdertyd was die versuim om hierdie gebooie te onderhou as `n ernstige sonde geag. Ware dienaars van God het nog altyd hierdie betreurenswaardige toestand herken en wou dit konfronteer, maar die onderrig van die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk was reeds te diepgewortel om maklik verwyder te word. En net iemand wat op soek is na die suiwer waarheid en vir wat God Self vir die waarheid en die gees van innerlike lig vereis, sal in staat wees om homself daarvan te bevry. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205