BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die maat wat jy gebruik, is die maat wat jy ontvang

196 Begin dus, My kind: As jy in elke situasie van die lewe bewus bly van die feit dat jy nie iets kan bereik sonder die Vader se hulp nie, sal jy altyd korrek optree en jou oë op die Vader hou. Die maat wat jy gebruik, is die maat wat jy ontvang. Hierdie Woord is deur God gegee aan die kinders van die aarde en daarmee saam die gebod van die liefde vir God en die naaste. Ons weet almal hoe moeilik dit is om dit op die aarde te vervul, want die liefde is nog onbekend aan die mense in die aardse lewe, elke persoon sien nie sy naaste as sy broer nie, maar is meer geneig om te dink dat hy sy teenstander is, en juis hieroor vereis dit dat `n baie groot liefde betoon word, om die liefde wat God van jou vereis, aan jou medemens te toon.

Julle sal beslis baat vind as julle `n poging aanwend om eerstens te besef dat julle almal God se kinders is, en dat net liefde vir mekaar in julle moet woon, op grond waarvan julle mekaar met goedertierenheid moet behandel, in plaas van om mekaar met vyandigheid te behandel, of onverskillig langs mekaar te leef. Dit is die Vader se wet dat julle dieselfde maat sal ontvang as wat julle aan julle medemens gee. Alles wat julle deur die Vader gegee is, moet julle ook aan julle naaste op dieselfde manier gee, maar altyd met die wete dat julle kinders is en dat die Vader se liefde ten doel het om julle te verenig. Daarom, laat niemand ooit tevergeefs vra nie en gee waar slegs die geringste oproep julle oor bereik. In die aardse lewe wil die Vader julle die geleentheid gee om naasteliefde te beoefen, want liefde is die eerste en vernaamste gebod in die hiernamaals, waar almal slegs werk vir `n ander.

Die liefde wat julle nagelaat het om in die aardse lewe te gee, sal julle daar swaar belas, want baie siele verlang na die effek van die liefde wat hul red van die duisternis. Alle goeie dade op aarde word deur God geseën, dit produseer baie verskillende vrugte in die hiernamaals, want elkeen sal maai wat hy saai, en sal die loon van sy liefde op die aarde weer in liefde ontvang van onse God en Saligmaker, Jesus Christus. Want God is liefde, en om toegelaat te word om in Sy liefde te leef is ewige saligheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205