BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Aard van die Katastrofe

1538 Die leraars uit die hiernamaals doen steeds op dieselfde manier hulle bes vir jou (B.D.) en trag om jou lig ontvanklik te maak, maar jou hart is nie altyd gewillig om dit op te neem nie en dan ontstaan daar sulke hindernisse wat die opneem (van die woord) bemoeilik. Onverdeelde aandag moet aan die gawes van die hemel betoon word en alle aardse gedagtes vermy word, dan kom die gedagtes van die vriende uit die hiernamaals maklik binne. Die goddelike Liefde stuur aan jou bodes, wat jou wil versterk in die wil om te ontvang. Hulle bring `n kennisgewing aan jou wat vir jou die toedrag op `n verstaanbare manier beskryf van die katastrofes wat afsonderlik sal beslis oor die dood en lewe van elkeen.

(Soos dit blyk, moet ook skryfknegte aangemaan word om hulle eie gedagtes te laat vaar en hulself in totale opmerksaamheid oor te gee aan die binnestroming van hemelse gawes. Dit is in teenstelling met valse profete wat die lof wil oes met eie- of valse waarhede) (opm. v/d Hollandse uitgewer)

Baie min mense skenk aandag aan die tekens van die komende tyd. Hulle verwonder hulself wel oor afwisselings en onreëlmatighede wat in die natuur opgemerk word, maar gaan ongesteurd daardeur voort. Hulle sien geen uiting van die goddelike Wil daarin nie, maar slegs `n toevalligheid. En dus sal hulle aanvanklik ook geen aandag aan die verskynsels skenk wanneer die natuurgebeure aanbreek nie.

Deur windkouse sal die mense eerstens bedag gemaak word op nader komende onweer. Dit sal so skielik kom dat mens en dier in groot nood sal verkeer, want hulle sal skaars in staat wees om teen die hewige storms weerstand te bied, maar dit sal slegs die begin wees.

Met klein tussenposes sal hewige aardskokke opgemerk word en die hemel sal verduister word, `n gebulder van donderslae sal gehoor word en dit sal so vreeslik wees, dat paniek onder mens en dier sal uitbreek. Hulle sal hul behoud soek deur te ontvlug, dog die duisternis sal hulle verhinder. Maar die nood sal steeds groter word, die gebulder steeds harder, die aardbewinge steeds heftiger. Die aarde sal haarself open en enorme watermassas sal vanuit die binneste van die aarde breek.

En sovêr as wat die oog ookal mag kyk of sien, sal water en duisternis wees en die mense sal `n onbeskryflike chaos beleef. Hulle sal besef dat hulle in die grootste benoudheid gedompel gaan word. Die voorafgaande dae sal so stralend wees, dat `n sekere sorgloosheid die mense sal aangryp en die ommekeer sal dan so skielik kom, dat niemand in aardse opsig voorsorg sal kan tref daarteen nie. Dit sou ook volkome nutteloos wees, want geen aardse mag sal hierdie elemente kan weerstaan nie.

Slegs die gelowige mens sal nou die goddelike almag ervaar en hy sal homself aan sy Skepper toevertrou. En al is sy hart ook bang en al bewe hy, sal hy geduldig wag totdat daar hulp na hom toe sal kom, want hy stuur sy gedagtes omhoog na Hom toe.

Wie die sin en die doel van die lewe begryp het, sal weet dat die uur van beslissing nou vir elke mens gekom het. En hy sal trag om sover moontlik geestelike hulp te gee, hy sal die ongelukkiges vertroos en hulle op Jesus wys, hy sal help deurdat hy `n liggie in die diepste duisternis laat skyn.

Want God sal aan diegene wat Hom herken het en wie hulle dienste vir Hom aangebied het, die moontlikheid bied om vir Hom te werk. `n Ryk arbeidsveld sal aan hulle toegewys word waar die saad op goeie bodem sal val, want God sal diegene spaar wat op Hom ag geslaan het, of wie in die groot nood die weg na Hom sal vind. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205