BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bely Jesus Christus voor die wêreld - goddelike beskerming

1567 Wie Jesus Christus bely, sy lewe is in God se Hand, ook al sê die wêreld en haar gesag hom die bitterste stryd aan, aangesien daar reeds krag uitgestuur word deur die uitspreek van die goddelike Naam. Die liefde van die Heiland seën almal wat hulself aan Hom oorgee, d.w.s., wat in Hom glo, Hom bemin en Sy gebooie onderhou.

Slegs min mense neem die lewe van Jesus tot rigsnoer vir hulle lewens. Wie self egter die moeite sal doen om Jesus in alles na te volg, sal ook spoedig insig verkry en sal die goddelike Heiland en Verlosser nie meer wil opgee nie. Sy liefde openbaar homself so indringend, dat die verlange na die Hemelse Vader steeds in die mens toeneem. Dit is soos `n deurdringende reën wat die uitgedroogde aarde deurdrenk met Sy onontbeerlike woord wat van Bo af na die mense op aarde gebring word en hierdie woord spoor die mense nou aan om Hom aan te neem, wie deur die wêreld verloën word.

Die mens wat God se krag duidelik ervaar, moet homself ook vir die woord instel, hy moet flink en vrylik spreek oor alles wat Jesus Self op aarde geleer het. Die mens moet alles doen om eerstens die menslike hart geskik te maak om die waarheid aan te neem wat deur die mense van Bo oorgebring word.

Eens het Jesus Self gesê: “Wie My voor die mense bely, hom sal Ek ook voor My Vader bely”. Dus het Jesus die mense gebied om vir Sy Naam op te kom, sodat hy dan eweneens die goddelike bystand kan ervaar as hy die hulp van die Vader in die Hemel begeer.

Wie vir die goddelike Naam sal opkom, sal in die komende stryd vir Jesus betrek word, want die vyand sal trag om die mens te ontneem van elke herinnering aan Hom en Sy werke op aarde. Die vyand sal die mens met `n harde straf dreig en het ten doel om die geloof in Jesus Christus as Verlosser van die wêreld te laat verdwyn. Die mens sal ernstig moet stry om stand te hou teen al die influisteringe van kwaadgesinde kragte en slegs die mens wat homself vir Jesus Christus instel en in gelowige gebed tot God, sy node en sorge toevertrou en Hom om beskerming en krag vra, sal sterk en vry wees, want dit beloof Jesus vir al Sy stryders wanneer hulle Hom as die goddelike Heer en Verlosser sal bely voor die mense.

Hier sal die goddelike mag duidelik bewys dat hy sterker is as die aardse mag en hy sal waak oor elke aardse kind, onverskillig in welke gedaante hy Jesus as Heiland bely. Daarom hoef die mens nie besorg te wees dat die aardse gesag hom sou kan vervolg om skade aan hom te berokken nie, omdat hy `n aanhanger is van die ware Christendom. Jesus Christus kan nooit uit die wêreld van haat en liefdeloosheid verdring word nie, al word die stryd ook openlik gevoer. Maar wie sy aardse lewe liefhet, sy hart sal angstig klop en hy sal die gebod van die wêreldse gesag maklik in ag neem, dus sy Heer en Heiland verraai terwille van aardse sukses.

Maar wie die dood nie vrees nie, sal vrymoedig die Naam bely van Hom wat die wêreld verlos het van sonde, selfs as hy daarvoor moet boet deur die aardse mag. Die Vader in die Hemel hou egter Sy Hande beskermend oor die aardse kind en dan sal dit vir die teenstander lyk asof bomenslike kragte teen hom stry. Hy sal aan die kalmte wat, ondanks dreiginge, onmiskenbaar die krag van die goddelike woord en die liefdevolle sorg van die Vader in die Hemel is, herken dat Hy Syne beskut wanneer hulle Hom voor die wêreld bely. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205