BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die skepping

1586 Die heelal is in sy ontstaan net so min te verklaar as wat die wese van die ewige Godheid vir die mense begryplik gemaak kan word, solank hulle self nog nie die ryk van die lig binnegegaan het nie, want wat julle gewaarword van die skepping, is uiterlik na buite toe, wel materie, maar egter in sy diepste grond geestelik, d.w.s., krag uit God, wat homself verdig het tot `n vorm. Die verdigting van krag tot vorm is egter `n proses waarvan daar in die aardse lewe geen vergelykbare iets te vinde is nie en sal daarom vir die mense onverklaarbaar bly, want krag is iets geestelik, vorm daarenteen, iets verganklik. Dat iets geestelik kan verander in iets wat aards sigbaar is, gaan die menslike begripsvermoë te bowe en kan daarom ook nie vir die mens begryplik gemaak word nie.

God se liefde is krag - Sy wil is krag - en hierdie liefdeswil neem vorm aan. Dus is elke skeppingswerk goddelike wil wat vorm geword het. Dit is verder `n tot vorm geworde goddelike gedagte. Wat God dink en wil, gebeur en gevolglik plaas Hy al Sy gedagtes as skeppingswerke in die heelal. Sy skepping is krag wat van Hom uitgaan, wat gestalte aanneem volgens Sy wil. En daar gaan geen sekonde verby waarin die goddelike wil om te vorm nie aktief is nie, daar gaan geen sekonde verby waarin geen nuwe skeppings in die heelal geplaas word nie, want die krag van Sy liefde is onophoudelik besig. En al die geskapenes word ononderbroke met Sy liefdeskrag gevoed. Gevolglik is ook dit wat deur God geskape is, onverganklik, ofskoon dit van uiterlike vorm verander en skynbaar vergaan. Niks kan in die heelal verlore gaan of vergaan tot niks nie, want alles is goddelike krag, dus onverganklik. Elke skepping het juis deur hierdie krag ontstaan en kan nooit meer vernietig word nie. As die mens dus skynbaar `n werk van vernietiging uitvoer, keer sy vrye wil homself teen die Wil van God.

God trek Sy wil van die uiterlike vorm van Sy skeppingswerk terug en hierdie vorm hou skynbaar op om te bestaan, maar is slegs vir die oog van die mens onsigbaar, totdat God Sy liefdeswil opnuut tot vorm laat word. Daarby is die motief van die verwoesting deur menslike wil deurslaggewend in hoeverre so iets teenoor God `n onreg is.

Wat God egter buite die aarde geskape het, is onaantasbaar vir `n Goddelik vyandiggesinde mag. Dit is maar net aan `n tydelike verandering onderworpe, deels deur die goddelike wil, deels deur menslike wil wat met die aarde in aanraking is. Maar dit is juis hierdie werke van die skepping wat die mens nie kan begryp nie en wie se ontstaan hom laat twyfel.

Slegs die aarde bevat wesens waarin die vernietigingsdrang aanwesig is, terwyl alle skeppings buite die aarde nie onderworpe is aan die wil van onvolmaakte wesens om te vernietig nie. Die skynbare vernietigingswerk het egter tot gevolg dat die goddelike krag nie altyd erken word as oersubstansie van die skepping nie. Dit het tot gevolg dat daar getwyfel word aan die Almag van God, dit het tot gevolg dat mense die ontstaan van hierdie skeppingswerke suiwer aards probeer verklaar, dat mense die skeppende krag van `n wesenlike Godheid probeer verloën en sou hierdie krag graag wil vervang deur `n oer natuurkrag wat vir die mens geloofwaardig skyn, wat onafhanklik is van `n bestaande Wese wat in Homself bepalend is. Elke bouwerk van die totale skeppingswerk volgens plan sou dan egter op losse skroewe te staan kom, indien `n Wese, Wie onoortrefbaar is in die alomvattende begrip van Almag, Liefde en Wysheid, bestry word. A

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205