BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Onwillekeurige dood van onvolmaakte mense (31 Augustus 1940)

1589 Die onverdiende lot van hulle wat hulself teen hulle wil weens onregverdige dade deur kwaadwillige nasies moes offer, sal nie ongestraf bly nie, want daar moet regverdige vergelding wees wanneer die siele hulle beliggaming verloor deur menslike foutiewe optrede, voor die toegelate tyd wat hulle op aarde vergun is en hulle dus nie volledige volmaaktheid kon bereik nie, wat moontlik sou gewees het gedurende `n lang lewensduur. Dit is `n onverdiende verkorting van die aardse lewe wat hulle voortydig van hul liggame vrymaak en hulle gaan die hiernamaals binne in `n onvolmaakte toestand. Die siel kan slegs dit ontvang wat haar toestand van volmaaktheid verdien het; sy moet in die gebied ingaan wat aan haar graad van volmaaktheid beantwoord. Maar dit moet verstaan word dat om `n einde aan `n menslike lewe te maak binne `n bepaalde toestand van dwang, moet daar versoening voor gedoen word, want niks wat onregverdig voor God is, kan ongestraf bly nie en niemand het die reg om sy medemens se lewe te neem nie. Aan die ander kant egter, moet die mens se siel in die hiernamaals die geleentheid gebied word om self haar verlossing voort te sit wat op aarde onderbreek was. En daarom word daar vir al hierdie te vroeg oorlede siele `n ryk gebied van werksaamheid in die hiernamaals toegewys, sodat hulle slegs van goeie wil moet wees om die toestand van hulle siele ooreenkomstig die aardse lewe te bevorder. As die vooruitgang van die siel se ontwikkeling weens iemand anders se fout onderbreek word, het die wesens in die hiernamaals nog die mees ongelooflike geleenthede tot hul beskikking om nietemin nog die toestand van volwassenheid te bereik, op voorwaarde dat hulle aktief is en begeer om God te bereik.

Maar in die besonder het `n te vroeg oorlede persoon die groot risiko dat sy siel hom nie van die aardse gebied sal kan losmaak nie, aangesien hy dit verlaat het alvorens hy sy liefde vir die materie kon oorwin, veral aardse plesier. En dan is daar groot gevaar dat hy nie van die geleenthede in die hiernamaals gebruik sal maak nie, aangesien hy nog te veel aardsgebonde is maar nietemin, net soos in die aardse lewe, moet hy sy wil opgee, sodat hy die weg van hoër ontwikkeling kan gaan. Sy wil kan ook nie gedwing word om homself te ontwikkel nie, die siel is net so vry soos op aarde om vrywillig te streef na bo of na die diepte, alhoewel tallose ligwesens sal poog om so `n siel te help.

Maar hulle wat die vroegtydige heengaan van `n mens veroorsaak het, sal weinig geestelike sukses van hul aardse lewe behaal, want hulle skuld sal die laag om hulle eie siele dikker maak en die verlossing van so `n laag sal uiters moeilik wees. Derhalwe sal die persoon geweldig moet worstel om vry te kom van hierdie ontsaglike skuld, die toestand van sy siel sal baie laag wees wanneer hyself die aardse lewe verlaat en hy sal bittere boete in die hiernamaals moet doen vir sy skuld. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205