BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Tyd van lyding – Die doel van aankondigings

1594 Die toestand van lyding op aarde word nog erger en daar wag nog onvoorstelbare ellende, nood en sorge op die mensdom. En dit moet so wees, want daarsonder vind die mens nie die weg na God nie. Daar sal `n tyd kom, so swaar, soos wat die mense dit nog nooit deurgemaak het nie; alle hoop sal verflou, iedereen se moed sal ondergaan en die swaarste depressie sal op die mensdom druk, teweeggebring deur onuitspreeklike lyding, siektes en kwellinge van allerlei aard. En tog sal dit alles verdra kan word in die vaste geloof in God, indien die mens nie alleen sy weg gaan nie, maar God tot sy Vertroueling gemaak het, want dan sal God ook steeds daar aanwesig wees en die nood sal hom nie neerdruk nie en hy sal die groot leed nie so aan die lyf ervaar nie.

Maar slegs weiniges sal krag en troos by God soek, vir slegs weiniges sal die goddelike woord `n bron van krag wees en weiniges, in die vertroue op God se hulp, deur Sy wil verskoon bly van die leed. Want die geloof het verlore gegaan, dit is `n tyd van algehele afvalligheid van God. En daarom klop die Heer opnuut aan die harte van Sy kinders op aarde. Hy uiter Hom deur Sy woord en kondig hul die swaar tyd en die stryd op aarde aan en dat Hy almal sal aanneem wat in hierdie nood na Hom sal kom en Sy hulp afsmeek. Hy trek die nood van Sy kinders na Homself toe, deurdat Hy alle denkbare middele aanwend om kennis aan die mense te gee oor die komende tyd as `n tyd van verskrikking en ellende. Hy wil nie dat die noodlot die mense onvoorbereid tref nie, Hy wil dat hulle hulself vooraf met Hom verbind om dan die groot leed van hulle af te wend. Hy wil Sy skepsels vir Hom wen en hulle nie oorlaat aan die mag van die teenstander nie. En daarom kondig Hy hierdie swaar tyd vooraf aan en onderrig hulle wat Sy woord wil hoor.

Hy is vol goedheid en mildheid en sou slegs in liefde met Sy kinders wil spreek. Maar hulle hoor die vriendelike en liefdevolle woorde nie en dus moet Hy Sy mag toon, sodat die mense Hom kan vrees en Hom dan leer liefhê. Hy moet Homself as Heer van die skepping aan hulle openbaar, sodat hulle Hom as Heerser erken en vra vir Sy liefde.

Maar waar die mense gelowig is, is die bewys van Sy mag nie nodig nie, want daar het die liefde al ontwaak en die liefde vervul wat God verlang. Die Liefde van God is onveranderlik, Sy sal altyd maar uitgaan na Haar kinders wat in gevaar is om te verdwaal. En hierdie Liefde worstel vir julle siele, Sy trag om Haarself bekend te maak en wie self in hierdie liefde leef, sal ook die goddelike Liefde herken. Hy sal die liefdevolle leiding deur alle verskrikkinge en leed van die komende tyd insien en hy sal hom vol vertroue oorgee aan die ewige Liefde en sonder vrees en aarseling hierdie tyd afwag.

En God sal aan hulle dink wanneer hierdie tyd gekom het. Hy sal hulle vol sorg daardeur lei, Hy laat alle teëspoed by hulle verbygaan, Hy versterk en troos hulle waar hulle bang en vreesagtig is en Hy maak Hom bekend in die hoogste nood. Want die Vader in die hemel ken Syne en Hy het hulle Sy beskerming beloof, dat alle leed van hulle weggeneem sal word wanneer hulle smekend die hande na Hom sal ophef. Die mens moet net glo aan God se liefde, goedheid en barmhartigheid. En hy moet `n regverdige lewenswandel lei. Hy moet steeds streef na die goeie en die kwaad vermy, hy moet in innige gebed volhard en in volle geloof God se hulp verwag. Dan sal hy onbeskadig aan liggaam en siel uit die tyd van ellende tevoorskyn kom, want God is naby almal wat Hom herken, Hom liefhet en hulle in kinderlike vertroue aan Hom oorgee en vra vir Sy barmhartigheid. Amen.



 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205