BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ure van Eensaamheid - Noodsaaklike skeiding van die Wêreld

1620 Die ure van eensaamheid verleen hulle goed daartoe om die mens tot nadenke te bring en hy moet daarom dikwels die geleentheid soek om alle aardse druk te ontvlug om hom aan innerlike selfbeskouing oor te gee, wat `n seënryke uitwerking kan hê. In sy aanmatiging glo die mens dikwels dat hy nie aan die eise hoef te voldoen wat God aan Sy kinders op aarde stel nie, d.w.s. hy doen nie die geringste moeite om hom geestelik te omvorm, of om `n hoër graad van volmaaktheid te bereik nie, dus om sy wese te veredel nie.

Hy meen dat soos wat hy is, is hy deur God geskape en hy gee geen rekenskap daarvan in hoeverre hyself die vorming van sy wese as taak het nie. En daaroor kan aan hom eers opheldering verskaf word as hy homself aan `n kritiese beskouing onderwerp, as hy sy handeling en denke vergelyk met die eise van God, wat Hy deur Sy gebooie van die liefde aan die mense gestel het. Dan sal sy lewenswandel deur die innerlike stem aan hom voorgehou word, of hy sal opmerksaam gemaak word daarop wanneer sy handeling en denke afwyk van dit wat God wil.

En daarom kom dit slegs daarop neer in hoeverre hy aan die innerlike stem gehoor gee, dit kom daarop neer of sy instelling is om teë te praat, en of hy die aanmaning van hulle wat hom wil help, gewillig aanneem. Gevolglik sal hy ook sy verdere lewe hierop instel, hy sal daarna streef om hom óf te veredel, óf om die innerlike stem te onderdruk deur teenspraak, wat die verlange na die wêreld tot uitdrukking bring. Want die mens wat nog so aan die wêreld hang, neem dit nie so eng met die vervulling van die goddelike gebooie om hulle aardse voordeel te verseker nie. En so sal die aardsgesinde mens nie van plan wees om hom dikwels terug te trek in eensaamheid nie, d.w.s. sy siel verlang nie na die tyd van innerlike beskouing nie, maar trag om hom te bedwelm en die innerlike stem te onderdruk deur die drukte van die wêreld. En dit is `n barmhartigheidsgawe van God as Hy so `n mens gedwonge in situasies bring waarin hy blootgestel word aan eensaamheid.

Weliswaar kan die verlange na die wêreld in so `n mens met versterkte krag voordoen en kan so `n eensaamheid hom geen enkele nut oplewer vir sy siel nie; maar dikwels kom die mens tot insig dat sy lewenswandel nutteloos is en keer hy terug as `n ander mens na die lewe van die wêreld. Die innerlike beskouing het hom tot insig gebring dat sy denke en handeling tot nou toe nie die korrekte was nie en hy trag om hom en sy wese te verander en sy opmerksaamheid meer na die innerlike lewe te wend, waarmee hy ook sal slaag, as sy strewe vir hom erns is, d.w.s. sy wil gerig bly op die korrekte denke. En so kan dikwels `n skynbare kwaad, `n gedwonge skeiding van die wêreld, `n uiters seënryke uitwerking hê, want as die aardse wêreld van die mens weggeneem word, kan die geestelike wêreld nader aan hom kom; want waar aardse afleidings die denke van die mens nie beïnvloed nie, kan kragte uit die hiernamaals nou werksaam raak en in die vorm van gedagtes opheldering aan die mens verskaf oor die eintlike sin en die eintlike doel van die lewe. En hierdie resultaat kan in geestelike opsig die mens heeltemal skadeloos stel. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205