BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Jesus se verheerliking –" Ek en My Vader is een"

1739 Die korrekte oplossing vir die probleem van Jesus se verheerliking na Sy kruisiging verduidelik ook Jesus se woorde " Ek en die Vader is Een". God het Homself geoffer deur middel van `n mens wat elke menslike aspek oorwin het deur die liefde vir God en wie daardeur Sy siel so omvorm het dat God in staat was om in alle volheid woning in Hom te neem. Sy uiterlike vorm, Sy liggaam, het die siel se wil volkome nagekom en was ook net so gesind teenoor die goddelike; dus Sy hele substansie was God-geneigde gees, sodat hy nie meer die proses van ontwikkeling op die aarde nodig gehad het nie en was dus in die toestand om die geesteryk in alle volmaaktheid binne te gaan na die dood van die liggaam.

Alle volmaakte geestelike wesens verenig met die Oerkrag, en word een daarmee deur middel van `n mees opregte samesmelting. Die proses van ontwikkeling van die geestelike wesens wat eens van God weggeval het, sal vir `n oneindige lang tyd duur, en moet deur tallose vlakke gaan, en dit lei ook na bo in die hiernamaals, maar die uiterlike vorm, die minder ontwikkelde geestelike substansie, bly altyd op die aarde agter en stel die siel vry, wat as `n geeswese, wesens van gelyke volwassenheid soek om by haar aan te sluit in die hiernamaals. Die uiterlike vorm los op en die individuele geestelike stowwe sluit aan by soortgelykes ten einde die proses van ontwikkeling voort te sit. Maar Jesus se liggaam, op grond van sy suiwerheid en van Sy liefdeswerke, het reeds geestelike volmaaktheid bereik en die ondenkbare lyding aan die kruis was die finale proses van suiwering vir die liggaam se geestelike substansie, sodat dit in hierdie heeltemal gereinigde toestand, in staat was om by die volmaakte siel aan te sluit en dit nie meer nodig was om op die aarde te bly nie, dus het die Gees van God, die Siel en die Liggaam verenig en een geword.

Jesus, die mens, was die Middelaar tussen God en die mens, maar nou is God en Jesus Christus Een, hulle moet nie gesien word as twee wesens langs mekaar nie, maar is slegs een Gees wat alles absorbeer wat volmaak is.

Jesus se goddelikheid kan nie op enige ander manier voorgestel word nie as die ewige Godheid Self, wat Homself bloot geaffilieer het met die uiterlike vorm van Jesus, die man, d.w.s. Sy geestelike stowwe is toegelaat om saam te smelt met die Oerkrag, want by Jesus se dood het dit reeds `n graad van volmaaktheid bereik wat die voorvereiste is vir die naaste eenheid met God.

Deur aardse plesiere te verag en, as gevolg van streng selfdissipline, het Jesus se liggaam alle materie oorwin en het dus nie meer `n verdere proses van ontwikkeling nodig gehad nie. Alle geesstowwe in die fisiese vorm was in staat om by die siel aan te sluit en die aardse vallei te verlaat om daarmee saam die hoogtes van die lig te betree. Van hierdie oomblik af was hierdie siel omring deur die mees helderste lig, en gevolglik het Jesus se liggaam en siel die aarde in `n verheerlikte toestand verlaat, want `n gees wat heeltemal met God saamgesmelt het, moet ook lig en krag van Hom ontvang en dit dus op die dieselfde manier uitstraal as die ewige Godheid Self, want Hy was een met God, dus ook lig en krag in oorvloed. Hierdie proses van liguitstraling bly gewoonlik versteek vir die mens, maar God se oneindige liefde vir die mens het toegelaat dat die verheerliking van Jesus sigbaar plaasvind om hulle `n teken van Sy krag en heerlikheid te gee om die geloof van diegene te versterk wat Sy krag en heerlikheid aan die wêreld moes verkondig en om mense te voorsien met die bewys dat Jesus die dood oorwin het, dat die dood van nou af nie meer bestaan vir mense wat Hom volg en wie `n poging aanwend om dieselfde weg op die aarde te neem nie.

Jesus se verheerliking is `n baie omstrede onderwerp vir die mensdom en word gewoon verwerp as `n mite, omdat die mense alle geestelike begrippe vir die uiteindelike doel van alle gees kortkom, vir die finale eenwording met God, om een te word met Hom, Maar Jesus sê "Die Vader en Ek is een," want die Eenwording het reeds in Hom plaasgevind, Sy siel was so gevorm dat Sy in staat was om God te aanvaar en Sy het dus reeds `n ontvanger van lig en krag van God geword, daarom was Hy in staat om in alle wysheid te leer en te werk deur goddelike krag. Hy was so volmaak soos Sy Vader in die Hemel en in staat om soos Hy te skep en te vorm, want Sy natuur was liefde, Sy woorde was liefde, en dus het Hy gewerk op grond van Sy groot liefde vir die mens, want alles wat bestaan en alles wat gebeur kan slegs deur die liefde bereik word. Sy lewe op aarde was `n konstante opeenvolging van wonderwerke sonder prag en praal, maar Hy het dit afgesluit in stralende lig, deur Homself te verheerlik voor die oë van sy eie en op te vaar na die Hemel, na die ewige heerlikheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205