BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bely Jesus Christus - Geestelike verandering

1748 Die wêreld kan `n buitengewone belangrike era verandering verwag. Want goeie geestelike wesens sal na die aarde neerdaal en `n radikale verandering van denke teweegbring deur middel van buitengewone gebeurtenisse wat volgens God se wil is. Die stryd tussen die verskillende denkskole sal op `n geweldige skaal gevoer word met die gevolg dat `n skeiding sal plaasvind tussen diegene wat vir en teen God argumenteer. Geen spesifieke tekens sal hierdie tyd voorafgaan nie, die mens sal net meer gereeld gewys word op bonatuurlike dinge, hy sal effektief gemotiveer word om daaroor na te dink en dus verplig wees om `n mening te vorm oor vrae wat bo die aardse dinge is. En dan sal hy hierdie of daardie geestesrigting volg en `n vegter vir sy standpunt word. En so begin `n nuwe tyd, `n tyd wanneer aan die een kant geestelike lig en aan die ander kant diep geestelike duisternis die mense van mekaar sal skei, `n tyd wanneer die geestelike strewe van bogenoemde duidelik sal wys in hul houding teenoor aardse besittings, wat die suiwer wêreldgesinde persoon gretig sal wil vermeerder, maar wat deur die ander verag sal word. En dan sal die mensdom deur `n verandering van denke gaan. Die geesteryk sal homself beliggaam in Godgesinde mense wat in staat sal wees om helder en duidelik te sien en wat met absolute oortuiging dit sal bevestig wat die geesteryk aan hulle oordra.

Maar hulle sal moet veg vir hulle geestelike vryheid. Diegene wat ten gunste van God is, sal verstoot en onderworpe wees aan konstante bedreigings, want die meerderheid van die mense sal goddeloos wees en sal groot krag besit, omdat hulle ondersteun sal word deur die heersende gesag. En tog sal die deugsame geeste wen omdat hulle groot krag besit, want hulle veg met die wapen van liefde. Die nuwe era is bedoel om tot geestelike vooruitgang te lei, die siel sal aansienlike voordele daaruit put, die mensdom sal meer oop wees vir die waarheid en toelaat om meer deur die liefde gelei te word. `n Bewuste strewe na God sal mense wat toegee aan die kragte van die geestelike magte karakteriseer, mense sal `n rustige stemming geniet ten spyte van die uiterlike druk en skynbare hindernisse, want hulle sal weet dat hulle op die regte weg is en sal daarom veilig voel en goed beskerm onder goddelike beskerming en sal dus minder aandag gee aan die vyandelikhede vanaf menslike kant. Hulle sal sterk wees in die geloof, hoopvol en kragtig in die liefde. En die wat nog twyfel, sal hulself ophef deur laasgenoemde, want die diepe en lewende geloof is meer oortuigend as baie gepratery.

Jesus het eens op die aarde gestry vir die siele en in dié tyd het ook `n tydperk van geestelike strewe begin, in daardie dae moes die mense ook `n besluit neem om Christus te bely of te ontken. Hierdie keer sal die vraag ewe beslissend wees. Dan sal die mens ook moet besluit of hy Jesus Christus sal erken en Hom dus bely voor die wêreld en of hy Hom sal verwerp. En die antwoord op hierdie vraag sal weereens sy hoër ontwikkeling bepaal. Want slegs iemand wat Hom bely, sal `n voordeel vir sy siel kry in sy aardse lewe. En die goddelike Woord moet weer versprei word, ywerige dissipels moet weer die Evangelie oor die hele wêreld versprei, en voor dit moet `n ongelooflike hoeveelheid werk gedoen word om hierdie dissipels op te lei, sodat hulle onderrig kan gee volgens die goddelike wil. En die tekens van die komende nuwe era kan reeds gevind word in die feit dat hierdie goddelike onderrig direk van bo na die mense sal kom, dus dat die leer van Christus weer ongerep aan hulle gegee sal word, soos wat dit was in die tyd van Jesus op aarde, vergesel deur wonderwerke en buitengewone gebeure, want daar sal wonderwerke wees gedurende die komende tyd wat die goddelike wil opvallend sal uitdruk, maar hierdie wonderwerke sal slegs verstaanbaar wees vir diegene wat reeds die werking van die Gees in hulself ervaar en wat daardeur meer intiem met Jesus Christus verbind is en Hom bely voor die hele wêreld. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205