BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Stryd van die lig met die duisternis

198 Luister, My kind, dit is God se wil om jou te onderrig in die leerstellings wat ooreenstem met jou gedagtes en daarom wil Ek jou vandag laat weet hoe baie lief ons Heer Jesus vir jou is en hoeveel jou toewyding Hom behaag. As jy ooit `n gevoel van verlating voel, moenie bang wees nie, want Een is altyd naby aan jou, jou Verlosser, wat jou sal help om elke bekommernis te dra. Gaan jou lewensweg vol vertroue en met hierdie wete tot aan die einde en moenie vrees nie! Nie almal word dieselfde lot gegee om fisies en geestelik te werk soos wat jou God en Saligmaker, Jesus Christus vir jou bepaal het nie, maar as jy altyd jou oë opwaarts rig, sal jy in staat wees tot beide en voortdurend die Vader se sorgsame hand voel.

Luister na ons, wat naby jou bly, en probeer om te verstaan: In die begin van die wêreld was alle gees verenig. Dit was `n Wese omring deur die lig van die ewige son. Elemente het deur die heelal gejaag wat weggeskram het van die glans en het gepoog om die goddelike lig te vernietig. Gedurende die stryd van duisternis teen lig verloor talle atome kontak met die lig en die elemente van die duisternis verklaar oorlog op daardie klein liggame van lig wat in die heelal dwaal, om hul oorvloed van lig, wat elkeen van hierdie klein en kleinste wesens het, te blus, en om hierdie wesens in die sfeer van die duisternis in te trek, en so het die stryd tussen goed en kwaad uitgebreek, wat vir `n onvoorspelbare toekomende tyd sal duur. En God het aan elke ligwese die vryheid gegee om volgens sy eie wil te kies. Nietemin sal hierdie wesens voortgaan om fundamenteel aan die goddelike lig te behoort, selfs al duur die stryd vir millennia, en sal elkeen van die kleinste komponente van die ewige lig terugvloei na die oorsprong van sy doel. Dit is die siklus volgens God se wil, dat elke wese vrywillig na Hom keer, met die volle gebruik van sy krag en ondersteun deur die liefde van die goddelike Vader wat alle lig verwek, en dus die weg terugvind na volmaaktheid en toegelaat word om weer naby aan die hemelse Vader te woon, die ewige Lig.

Wanneer jou wil gerig is na die geestelike sfere, sal jy ook die krag ontvang om jou doel na te streef. Die versekering vir jou strewe rus in jou hart, jy sal in jou hart voel dat jou kontak met die Verlosser tot die vloei van goddelike barmhartigheid sal lei, en gelukkig en met innerlike vrede, sal jy in staat wees om uit te sien na die toekoms. Waar die Verlosser Syne elke dag wil help, sal jou seëninge bring, maar dank God vir elke dag wat jou van Sy Woord leer. En so begin: Waar ligwesens met die duisternis argumenteer, gaan geen graan verlore nie, alles sal nuut ontstaan en altyd streef om die lig te bereik. Die kleinste wesens sal in die heelal bly, en afhangende van hul lewensduur, weer en weer hervorm, totdat hulle uiteindelik `n toestand bereik waarin hulle vrylik hul eie diskresie sal gebruik om te doen soos hulle wil, maar altyd onderworpe aan die Skepper se wil. By die aanvang van hul eie vryheid van wil is hulle ook verantwoordelik vir die verdere verloop van hulle lewe en ontwikkeling, vir die volwassewording van hul siele. Dit is hulle doel om terug te keer na die ewige lig waaruit hulle ontstaan het, maar die tyd wat hulle neem om hierdie doel te bereik, word aan hulle oorgelaat. Gevolglik stry die ligwesens aanhoudend teen die mag van die duisternis. Diegene wat oorwinnend uit hierdie stryd kom, dra op sy beurt by om hulle wat swak is, te help, en die mees effektiewe wapen in die stryd teen die teenstander, is liefde.

O, dit is so aangenaam vir ons om jou ywer te sien! Enigeen wat so na die lig streef, kan nie in die duisternis verval nie, gaan dus voort om ons onderrig so toegewyd te ontvang, per slot van rekening is dit tot voordeel van die redding van jou siel en dié van baie ander. En vandag wil ons jou die finale gevolgtrekking van gister se werk gee: Gedurende kort tussenposes van tyd en ruimte het talle geestelike substansie deur hul tydperk van ontwikkeling gegaan, beliggaam in fauna en flora, en onbewustelik streef hulle ook telkens na die lig. Na `n lang tyd, waartydens hulle voortgegaan het om in verskillende stadiums hoër te ontwikkel, betree hulle die laaste fase voor hul geestelike wedergeboorte, naamlik die beliggaming as `n menslike wese. Op hierdie stadium begin die stryd met die duisternis, wat hierdie aardse wese van sy doel wil ontneem, en die siel heeltemal in die duister af te trek. En omdat die mens op hierdie stadium `n vrye wil het om `n persoonlike keuse vir goed of kwaad, vir lig of duisternis, te maak, dra hierdie stryd geweldige verantwoordelikheid vir sy afvalligheid van die hemelse Vader, die ewige Lig. `n Stryd wat vir duisende jare sal duur, totdat hierdie siel ook uiteindelik verlos is, te danke aan die nimmereindigende liefdevolle hulp van die verligte geestelike wesens.

Tallose wesens sou meer volhardend gestreef het as hulle maar bewus was van hierdie verantwoordelikheid, maar die mens moet sy weg na God uit eie beweging vind, slegs dan sal hy weer in staat wees om deel te wees van wat hy aan die begin was. Waar God se almag en liefde effek neem, sal geeneen van die klein wesens van lig verdwaal nie, dit is waarom jou aandag herhaaldelik getrek word na die feit dat, in die oneindigheid, elke mens sy eie aangewese weg volg wat bevorderlik is vir sy ontwikkeling, in die sorg van die Vader. Die diepsinnigheid van hierdie wet lyk nie vir jou verstaanbaar nie, maar ook sal jy nie in staat wees om jou hemelse Vader se oneindige grootte te begryp, alvorens jy geword het wat jou doel is nie, naamlik om een te wees met die goddelike Vader. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205