BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die wraak kom My toe

1753 Om wraak te neem is nie reg voor God nie, want dan sal die mens die skuld deel, want hy het toegegee aan `n bose begeerte in homself en is nie meer suiwer van hart nie. Elke gevoel van liefdeloosheid is `n struikelblok op die weg na bo, innerlike stryd is egter vordering. Wanneer die mens vyandiggesind is teenoor `n medemens en vergelding bedink, gee hy homself oor aan die teenstander se mag en moet hy aan sy wil voldoen, wat altyd probeer om liefdeloosheid te vermeerder. En dit plaas die toestand van sy siel op die spel, want sodra hy toegegee het aan die teenstander se begeerte, sal dit vir hom moeilik wees om liefde te beoefen, want die gedagte aan wraak vergiftig sy gevoelens. Wat sy medemens aan hom gedoen het, is veel minder as wat hy nou aan homself doen, want sy medemens se verkeerde dade het hom fisiese skade veroorsaak, maar hy beskadig sy siel en plaas haar in nuwe boeie met elke daad van liefdeloosheid. Hy het geen ander voordeel deur dit te doen nie as om sy gevoel van wraak te bevredig en hy oorhandig homself dan sodoende aan die opponent se beheer en om dan terug te keer na dade van liefde is baie moeilik en kan slegs moontlik wees indien hy sy verkeerde dade besef en berou het.

Die wraakgierige persoon is egter tevrede met sy optrede en ver verwyderd van `n toestand van berou. Die mens moet kwaad met goed vergeld, hierdeur sal hy die mag van die bose verswak, liefde kry en homself sowel as sy teenstander van die invloed van die bose bevry, want sy teenstander sal dit as `n voordelige handeling ervaar, indien hy nie heeltemal verstok is nie, en spyt is oor sy optrede.

Wraak is egter God se verantwoordelikheid. En God is regverdig, Hy neem wraak volgens werklike meriete, Hy sien die mens se hart en niks bly verborge vir Hom nie. En dit is Sy wil om mense te hervorm en om hulle, hul verkeerd werke te laat besef, net soos wat Hy diegene seën wat geduldig die ander persoon se verkeerde werke, sonder opstand daarteen, verduur of aan wraak dink. "Die wraak kom My toe", sê God, Hy maak daardeur Sy wil bekend om die verantwoordelikheid van wraak aan Hom oor te laat, sodat dit nie skade aan julle siele berokken nie, wat baie groter sal wees as wat julle medemens ooit aan julle kan doen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205