BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bid vir goddelike genade - Onwillekeurige uitverkiesing

1807 Wie hom tot My aangetrokke voel, wie in alle nood en kommer na My toe vlug, sy versoeke sal Ek verhoor, want hy erken My as sy Vader en sy smekinge is kinderlik en vol vertroue. En steeds is die Vader bereid om die nood van sy kinders te verminder. En so wil Ek julle ook red en aan julle vrede gee. Dit is net ter wille van julle siele nodig dat julle in `n benarde toestand beland, sodat julle My sal soek en julle harte die oproep na My sal stuur. Want slegs leed bring julle nader aan My. Maar julle is nooit verlate nie, as julle My maar net nie opgee nie, as julle jul net nie van My afwend nie. Vertrou daarom altyd op My Liefde vir julle om hulp te ontvang.

Dit is nooit die eie verdienste van die mens as hy opwaarts klim nie. Inteendeel, dit word deur God se genade bewerkstellig. Maar die mens mag hom nie daarvan weerhou om aan homself te werk nie. Hy mag nooit dink dat hy nou niks daarvoor hoef te doen en slegs op die genade van God hoef te vertrou nie. Hy sal slegs goedgekeur word vir die genade van God, wanneer hy deur sy dade, deur sy gedrag, sy denke en handeling, bewys lewer dat hy opwaarts wil gaan. Hierdie wil, wat hom nou in gebed die hulp van God laat afsmeek, gee hom nou die genade wat weer die vervolmaking van sy siel tot gevolg het. Die goddelike genade is dus in geen geval `n geskenk van God wat willekeurig aan die mens gestuur word nie, waar die een mens ontvang, terwyl die ander mens gebrek moet ly nie. Nee, die goddelike genade staan alle mense onmeetlik ter beskikking. Geen mens sal tevergeefs die genade van God afsmeek nie. Maar nooit kan dit aan die mens gegee word, sonder dat hy dit vra nie. En daarom sal die enigste verdienste van die mens daarin bestaan, dat hy hom steeds weer in gebed tot die hemelse Vader sal wend en deemoedig om genade vra. Die res bewerkstellig die Liefde van God self by `n mens wat sy wil aan God geoffer het en bewustelik `n beroep doen vir die toevoer van God se krag.

En daarom is dit verkeerd om aan te neem dat God sy genade na willekeur vir die mens gee. Dit sou `n daad van die grootste onreg gewees het, want dan sou slegs die mense salig kan word wat deur goddelike genade uitverkies was. Dan sou die bewustelike strewe na volmaaktheid alle sin verloor, want begryplikerwys sou die vraag daarby geopper kan word: "Hoort ek by diegene wat God uitverkies het vir die ewige ryk?" So `n opvatting sou daartoe lei dat die mens die arbeid aan sy siel nalaat en steeds net die teenwerping wil laat geld, dat slegs die goddelike genade hom kan vrymaak, maar dat dit nie verkry kan word nie. Inteendeel, die mens sou rustig en geduldig moes wag totdat die genade van God hom toestroom. En as dit nie gebeur nie, sou hy vir ewig verlore moet gaan. Wie hierdie siening het, is in `n vreeslike geestelike gemoedsgesteldheid. Hy moet twyfel aan die Liefde van God, aan sy goedheid en barmhartigheid. Verder sou hy sy lewe op aarde as nutteloos beskou wanneer die genade van God nie vir hom beskore is nie. En tog het die mens dit self in sy eie hand, naamlik om homself onbeperk van die goddelike genade te bedien.

Dit staan elke mens vry om so dikwels as wat hy wil tot God te kom, d.w.s. in gebed alles te vra wat gewoonlik genade genoem word. Hoe inniger die mens daarvoor vra, des te ryker neem God hom in aanmerking. En nou eers kan hy op aarde wandel, soos wat dit vir God welgevallig is. Sy lewenswandel is dan nie meer sy eie verdienste nie, maar dat hy dit nou so kan lei soos wat hy doen, is die werksaamheid van die goddelike genade. Alle mense kan vra, dus sal hulle ook in ooreenstemming met hul gebed ontvang. Hulle sal met die genade van God toebedeel word en nou suksesvol die weg omhoog aflê. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205