BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Miniatuur skeppings

1810 Wat voortgebring is uit die Wil van die goddelike Liefde, moet in sy wording die mees wyse skeppende Gees verraai. Daarvan getuig die oneindig baie skeppingswerke wat die mens, as hy dit aandagtig beskou, die grootste wonderwerke onthul.

God se skeppingswerk sou, uitmekaar gehaal tot die nietigste deeltjies, steeds weer dieselfde skeppings in miniatuur vertoon. Elk skeppingswerk is weer `n wêreld op sigself, wat egter ook alles in sigself dra wat die heelal inhou. Dit is vir die mens onbegryplik, omdat hy nie hierdie miniatuur wonderwerke met die blote oog kan sien nie. Enkele skeppingswerke lyk wel dieselfde, maar is anders vir afsonderlike gevalle. Maar dit is vir hom nie bekend dat alle skeppingswerke `n miniatuur is van die groot skeppingswerk van God nie, wat weer miljarde van sulke miniature bevat wat vir die mens eers sigbaar sal wees as hy in staat is om met geestelike oë te kyk. Dan sal sy verbasing geen grense ken nie en dan eers sal die grootte van die ewige Godheid, wat by magte is om so iets te skep, vir hom ten volle verstaanbaar word.

Die heelal is oneindig, d.w.s. dit ken geen grense, geen begin en geen einde nie. En net so oneindig en onbegrens is die skeppings daarin. Die Wil van die goddelike Liefde neem vorm aan en word dus die mees onvoorstelbare werke. En die kleinste skeppingswerk is deur sy wyse Skepper sorgsaam geskep. Dit omsluit weer ontelbare skeppings wat vir die groot skeppingswerke nie in die minste terugstaan nie, maar wat veeleer deur hul fynheid nog meer betowerend is en daarom heerlik is om te aanskou. En elke nog so `n klein skepping bevat lewende wesens wat in baie duisendvoudige verkleining dieselfde funksies verrig in `n wêreld wat ooreenstem met hulle nietige geaardheid. En alles is onderworpe aan dieselfde wetmatigheid, alles is tot in die kleinste dingetjies oorweeg en word deur die goddelike wil bestuur en gelei. God is in die nietigste sandkorreltjie net so teenwoordig soos in die heelal. Nie die geringste ontgaan Hom nie en niks is te min of te klein om Sy aandag te verg nie. Alles, ook die kleinste, is die tot vorm geworde gedagte van God, wat - eenmaal uitgestraal - ewiglik nie vergaan of hulself losmaak van God nie. En daarom word dit voortdurend deur die almag van die goddelike Liefde vasgehou en bly dit tot in alle ewigheid bestaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205