BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Uitbarstings - Verskeidenheid van hemelliggame

1823 Vir die heelal geld `n natuurwet: Die onverwoesbaarheid van dit wat bestaan. Niks kan vergaan nie, maar net verander volgens die Wil van God. En hierdie verandering vind plaas sodat daar iets onsigbaar word om êrens anders weer sigbaar tevoorskyn te kom. Elke nog so klein skeppingswerkie dra hierdie wet in haarself, sodat die skynbare verval dus maar net `n omvorming beteken van dit wat eers daar was. Derhalwe kan ook groot skeppingswerke, soos hemelliggame, `n ander vorm aanneem; dit is egter `n proses wat oor `n ontsaglike groot tydruimte uitstrek, wat, volgens aardse tydberekening, duisende jare verg en dus nooit deur mense gadegeslaan kan word nie, insoverre dit gaan oor fundamentele veranderinge van skeppingswerke. Meestal is dit die erupsies van afsonderlike skeppingswerke wat aanleiding gee om opnuut dieselfde skeppings met kleiner afmetings te vorm.

Hierdie nuwe skeppings vertoon dieselfde aard en gesteldheid as die skeppingswerk waaruit dit tevoorskyn gekom het. Dus sal sulke hemelliggame hulself steeds in die omtrek van `n son bevind, waar dieselfde samestellende stowwe en dieselfde natuurwette wys dat hulle juis by hierdie son hoort. Aards gesien kan die son nou niks anders wees as `n oneindig vergrote bouwerk, met dieselfde gesteldheid as die planete wat skeppingswerke is wat uit hom voortgekom het, en wat hom omring nie. Gevolglik sou ook al hierdie hemelliggame met dieselfde wesens bevolk moet wees. Maar hier vertoon nou die mees enorme verskille hulself.

Geen enkele skeppingswerk word bewoon deur lewende wesens wat dieselfde is as die van ander skeppingswerke nie en gevolglik is ook die uiterlike gesteldheid van elke hemelliggaam anders en wel steeds aangepas vir die lewende wesens wat daarop lewe. En dit skakel nou ook weer `n selfde samestelling in stoflike opsig uit. Dit is dus maar net die kern van elke hemelliggaam wat uit dieselfde grondstof bestaan, die uiterlike vorm is egter in ooreenstemming met die lewende wesens wat aan hom toegewys is. Alles wat homself in die omgewing van `n son bevind, het voortgekom uit hierdie son, d.w.s., is deur hom uitgestoot, maar het, vanaf die oomblik van sy selfstandigheid, die gesteldheid aangeneem wat pas by die lewende wesens wat die skeppingswerk as verblyfplek sal kry. Die oneindig baie verskillende grade van volmaaktheid van die nog onvolmaakte gees vereis ook oneindig baie skeppings van verskillende gesteldheid, en die rede vir die verskeidenheid van hemelliggame lê daarin. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205