BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wederkoms - Die wegneming (1)

1827 Binnekort sal julle My sien kom in die wolke, dan sal julle jubel en juig en bly wees dat die Skrif vervul word. Dan sal die regverdiges My stem hoor wat lieflik in hul ore sal weerklink. Maar diegene wat My verloën het, sal stom wees van ontsteltenis en sal van My af wil wegvlug. Maar die oordeel sal hulle inhaal waar hulle hul ookal sal bevind, want dan het die dag aangebreek wat Ek bestem het vir die “geregtelike sitting” en elkeen sal tot verantwoording geroep word en sal die vonnis nie kan ontvlug nie.

Maar My getroues sal My lof en dank toesing dat Ek My aan hulle openbaar het. Hulle sal in Gees en Waarheid tot My bid. En as hulle My geestelike mag aanskou, sal hulle deurdring wees van die diepste liefde tot My en sal My voortaan dien met die innigste oorgawe, want Ek sal nog baie gewillige dienaars wat My toegeneë is, nodig hê gedurende die tyd van die oordeel.

Ek wil slegs een gemeente grondves (een kudde) en hom `n opdrag gee. Ek wil dat die mense wat My aanvaar en My leer verkondig, hulle verenig en wanneer hulle in liefde saamwerk, sal hierdie gemeente die liefde oral vermeerder. Ek wil egter die mense wat onverdraagsaam en trots is uit hierdie gemeente afskei, omdat hulle die klein kudde van My gelowiges in gevaar bring, want Ek wil te midde van Myne wees en daarom moet diepe deemoed en liefde heers by die mense by wie Ek My intrek gaan neem.

En as Ek sal kom in die wolke, sal Ek almal na My toe bring wat My so innig liefhet dat hul harte My sal tegemoet snel. Ek sal hulle verplaas na `n gebied waar geen leed en ellende meer is nie en hulle `n heerlike nuwe vaderland tot woonplek gee. Ek wil die aarde vernuwe en toeberei vir My getroue dienaars, sodat hulle voortaan werksaam sal kan wees volgens My wil.

Slegs dan sal daar weer `n tyd van vrede op aarde wees en alle mense sal in liefde lewe en My, hul Heer eer en liefhê. Hulle sal dan waarlik My kinders wees na wie Ekself sal neerdaal om met hulle die feesmaal te hou. Ek sal ook weer mense tesame bring en hul verbond (huwelik) seën, waardeur `n nuwe geslag sal ontstaan wat geestelik op `n hoë vlak sal staan en voortdurend My woord sal aanneem, `n geslag wat hulle ootmoedig voor My sal buig en in die diepste liefde met My verbind sal wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205