BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wêreldgebeure - Bevestiging van die voorspellings

1842 Dit gee Ek jou (gespreek tot Bertha Dudde) as bevestiging, dat alles vervul sal word wat God se Gees verkondig het. Die wêreld wil dit nie glo dat hulle dig voor die beslissende uur staan nie, want hulle glo dat die tyd nog lank nie gekom het wat Jesus op aarde verkondig het nie. Sodoende is die wêreld ook nie voorbereid op die natuurgebeure nie en daarom gee God steeds weer sy vermaninge, sodat die mense Hom nie vergeet nie.

God se Gees vergis homself egter nie en waar Hy eenmaal aan die werk is, moet `n mens ook aan Sy uiting geloof skenk en dit sonder vrees as openbaring versprei. Want die “taal van God” is gegee in die mond van die verspreider, wat alleen weergee wat God se wil is. En die wie Hy uitkies het ook hierdie ware insig. Hy neem dit aan en gee dit deur aan andere soos wat God dit wil. Die menslike denke word dan so gelei dat hulle die dinge sien in ooreenstemming met die waarheid en ook hulle vermoë tot oordele sal veel skerper word en hulle liefde tot regverdigheid sal hulle behoed teen verkeerde denke. Wanneer Hy dus spreek, is elke woord in ooreenstemming met die waarheid.

Skryf dus die volgende neer: Alle wêreldgebeure staan in direkte verband met die geestelike toestand van die mensdom. Die oorsake daarvan is maar net aardse strydvrae en daardeur word die ontstaan en die uitwerking daarvan meestal heeltemal as aards beskou. Dat die wêreldgebeure egter in `n sekere sin die gevolg is van die lae geestelike vlak van die mensdom, is vir die aardsgesinde mense nie begryplik nie en daarom wil hulle dit nie glo nie, ondanks die steeds herhaalde waarskuwings. Sodoende sal die mensdom deur die natuurgebeure onvoorbereid getref word en daar sal geen moontlikheid bestaan om hulself daarteen te beskerm of om dit te ontvlug nie. Juis daarom is dit so dwaas om hulself vir God se vermanings af te sluit wanneer dit vir die mens gegee word.

Dat die stryd in hierdie tyd die helfte van die wêreld in sy greep het (08.03.1941 – 2de Wêreldoorlog) en nog onbeslis is, is die wil van die goddelike Skepper, want die mense mag nie deur wapengeweld self aan hulle hul vermeende reg verskaf nie.

Jesus het die mense die gebod gegee om mekaar lief te hê, maar op hierdie gebod word nie meer gelet nie. Al die bose wat die mensdom maar kan bedink geval hulle, daarom moet hulle ook voelbaar getref word. God Self sal die “regterlike amp” oorneem, sodat hulle weer Één Heer bo hulself sal erken, wat op hoogte is van elkeen se onreg.

Daarom sal julle die stem van God nie as ongeldig kan afwys nie. Julle mag die geloofwaardigheid nie in twyfel trek en self die tydstip wil bepaal waarin elke voorspelling vervul sal word nie. Want die wêreld is in die grootste nood en kan nog slegs gered word deur die aangekondigde katastrofe wat onmiddellik na die groot oorlog sal volg en sodoende in werklikheid die beslissing sal bring in `n geweldige volkerestryd. Want hierdie stryd is slegs `n stryd om grootsheid en mag, waarby elkeen se edel motief ontbreek.

Maar aan hierdie stryd sal `n einde gemaak word deur `n hoër mag en dit sal gebeur soos wat dit verkondig is in Woord en Geskrif. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205