BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gelowige gebed - Voorspraak

1862 Wie homself in volle geloof aan My toevertrou, sy gebed verhoor Ek. Die lewe sonder stryd bring geen volmaaktheid van die siel tot stand nie, die mens moet stry en slegs dan kan hy die stryd gespaar word, wanneer hy uit eie aandrang sy hele lewe in My Hande plaas, wanneer hy homself aan My toevertrou en gelowig op My hulp bou. Dan is hy soos wat Ek My kinders wil hê. Hy erken My as sy Vader, Wie se Almag en Liefde so groot is dat Hy Sy kind nie in nood sal laat nie. En hy gaan nooit alleen nie, maar hy roep My steeds aan sy sy. Hy is nie besorg en twyfelagtig nie, maar vol vertroue. Hy vrees nie, maar glo. En dié geloof stel Ek nie teleur nie. Wie so in My glo, sal geen vergeefse versoek rig nie. Ek sal hom bystaan en sy verwagtings vervul en daardeur sal sy geloof steeds dieper en meer onwankelbaar word.

Daar sal vrede in hom wees, want hy vrees niks meer nie, hy weet dat hy nooit alleen en verlaat is nie. En diegene vir wie sy gebed bedoel is, sal die krag daarvan bemerk. Dit sal geestelike helderheid teweegbring en krag om te glo. Die mense sal gewaarword dat daar krag na hulle toe kom en die geestelike blik sal omhoog gerig wees. Ek sal Self `n flits van insig stuur in die harte van hulle vir wie die gelowige gebed van My kinders geld. Wat hulle vra, sal aan hulle toegestaan word en My Liefde sal waak oor die swakkes en hulpbehoewendes, dat hulle nie val of verdwaal nie. Want hulle wat op aarde bid vir hulle van wie hulle hou en wat smeek vir die heil van hulle siele, stuur die krag van die gebed na die ander en dus kan die barmhartigheid aan hulle oorgebring word.

Voorbidding is `n werk van naasteliefde. Die voorspraak is die doeltreffendste middel om hulle te help. My Gees soek dan die vereniging met hulle en voer hulle volgens insig. Wat die mens nie uit eie krag kan nie, dit bereik `n gelowige gebed wat vir hom na My omhoog gestuur word. En Ek ontferm My in die besonder oor hierdie siele. Ek laat hulle nie in onwetendheid nie. Ek neem hulle in beskerming met My barmhartigheid, met My Gees, want die liefde van `n mensekind smeek nie vergeefs vir My bystand nie. Wees dus onbesorg, iedereen moet die weg gaan wat hy moet gaan na sy voltooiing. Soos wat dit plaasvind, so is dit goed vir die positiewe ontwikkeling van die siel. En as julle My vol geloof vertrou, lei Ek julle deur alle nood die ewige vaderland tegemoet. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205