BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gevoel vir geregtigheid - Die oordeel van julle medemens

1869 Die mens moet `n inherente gevoel vir geregtigheid hê, of hy sal nie in staat wees om oor klaarblyklike hartelose gedrag te kan oordeel nie. Elkeen wat hom so verhewe ag, dat hy geen beswaar sal duld, omdat hy homself as onfeilbaar beskou, sal ook nooit regverdig kan dink nie, want hy gun ander nie dieselfde regte wat hy vir homself eis nie. `n Wesenlike verskil moet tussen mense gemaak word. Elkeen wat streng kritiek op homself en sy aksies toepas, sal ook altyd moeite doen om ander mense regverdig te oordeel. Maar iemand wat slegs fout soek by sy medemens en glo om self sonder foute te wees, sal alle gedrag van `n verhewe standpunt af beskou en daarom sal sy oordeel verkeerd wees.

Elke mens kan fouteer; Maar tog moet hy homself ken, dan kan hy sy swakhede bestry en verbeter. Maar elkeen wie geen fout in homself erken nie, sal ook nie na volmaaktheid streef nie.

Wanneer hy onvriendelik optree, sal hy ook nie daarvan bewus wees nie, hy sal homself nie verantwoord nie en sal onbekwaam wees om sy eie aksies regverdig te beoordeel. Hy sal nie `n gevoel van regverdigheid hê nie; hy sal altyd sy eie gedrag as onberispelik sien, maar poog om sy medemens vir die kleinste foutjie te veroordeel. Dit moet vir die mens duidelik wees dat hy geen reg het om sy medemens van `n swak daad te beskuldig as hy nie self `n hoë morele standaard naleef nie. Hy moet altyd sy eie tekortkominge oorweeg as hy die tekortkominge van ander mense wil kritiseer.

Maar iemand met `n inherente gevoel van regverdigheid sal nie iemand anders haastig oordeel nie, want hy sal probeer om homself in dieselfde situasie te plaas en dan die tekortkoming en foute van die ander persoon ook te verstaan. Maar om dit te kan doen, moet hy getrou wees, hy moet dinge sien soos wat dit is, hy moet homself nie te hoog skat nie en sy medemens onderskat nie, want dan sal hy `n ander norm vir sy eie foute gebruik as vir die foute van `n ander persoon en dit sal alle regverdige denke en oordeel uitsluit.

Dit is uitsonderlik waardevol om streng kritiek op jouself toe te pas, dan sal die mens getrou aan homself bly en sal sy medemens nie `n onreg aandoen deur selfsugtig sy gedrag onregverdig te veroordeel en homself bo die ander persoon te plaas nie. En so moet die mens eers homself en sy gedrag bekyk, voordat hy sy medemens kritiseer en homself as regter oor sy medemens aanstel. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205