BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verbranding van die liggaam - Bespoediging van die ontbindingsproses

1899 Alles gaan hul verlossing tegemoet, omdat dit die weg moet gaan van hoër ontwikkeling. So maak die geestelike essensie hulleself los van die materie en het dit dan oorwin. Die gees het egter nie altyd genoegsaam rypgeword sodat hy geen aardse omhulsel meer nodig het nie en dan neem hy weer sy verblyf in `n nuwe stoflike vorm. Wanneer die siel nou egter, naamlik die geestelike in die mens, van die liggaam skei, hou die aardse omvorming op, d.w.s. die siel ontvlug die laaste vorm op aarde om nou, onbeswaard deur enige materie, in `n nuwe ryk in te gaan, wat heeltemal anders is as die aardse. Nou word die liggaam weer onderwerp aan ontbinding, d.w.s. die geestelike substansies waaruit die aardse liggaam gebou is, moet hoër ontwikkel, omdat hierdie substansies nog in die beginstadium van ontwikkeling is en die ontwikkelingsgang ook moet deurmaak en vir hierdie doel hulleself weer by die goddelike skeppingswerke voeg, waarvan die doel die hoër ontwikkeling van die gees is.

Dit kan nou op baie maniere gebeur, maar die gees moet steeds die moontlikheid van `n dienende aktiwiteit gegee word. Daarom moet hierdie substansies hulle by so `n skeppingswerk aansluit, waar hulle die een of ander opdrag te vervul het, om deur die vervulling daarvan diensbaar te wees. Want slegs deur diens kan die gees tot volmaaktheid kom. As dit die moontlikheid om te dien ontneem word, dan word die opwaartse ontwikkelingsgang onderbreek wat vir die siel `n uiters pynlike toestand beteken.

Die lydingstyd van die gees kan weliswaar verkort word, maar die gees is die mens nie dankbaar wat in sy ontwikkelingsgang ingryp en hom verhinder om dienend werksaam te wees nie. En wanneer die liggaam van die mens verhinder word om sy natuurlike ontbinding te ondergaan, deurdat mense die proses probeer bespoedig deur verbranding, of op `n chemiese manier, dan gaan die gees `n baie pynliker weg, omdat die proses in stryd is met die goddelike orde en met die bestemming wat God elke skeppingswerk gegee het, want dit minag die wil van God.

Die menslike liggaam moet na die aarde terugkeer, wat sy bestemming is. “uit stof is julle geneem, tot stof moet julle terugkeer”, indien God Self dit nie anders bepaal het deur Sy ingrype en die lewe op `n ander wyse beëindig het as deur die natuurlike liggaamlike dood van die mens nie. Wanneer die siel haar van die liggaam bevry het, dan is die opdrag van die liggaam, dus van die geestelike substans waaruit die liggaam geformeer is, naamlik die liggaam se taak om die siel te dien, vervul. Maar totdat die liggaam volledig ontbind is, word dit nog `n verdere moontlikheid gegee om dienend werksaam te wees, al lyk dit nou onbegryplik vir die mens, terwyl daar met `n versnelde ontbindingsproses, daar geen manier vir die liggaam is om dienend besig te wees nie.

Daarom is dit verkeerd om te glo dat die liggaam van die mens deur `n louteringsproses aansluit by die siel. Die geestelike substansie van die uiterlike vorm het inderdaad dieselfde funksie en verenig uiteindelik met ander ontelbare substansies van die siel om so weer as menslike siel die laaste weg van ontwikkeling op aarde te gaan, maar dit kan nooit gebeur soos dit verkeerdelik deur die mense geglo word nie, omdat daar vir alle substansies `n vasgestelde ontwikkelingstyd bepaal is, wat die mens nie na eie goeddunke kan verkort deur `n uiterlike metode nie, wanneer hy nie die enigste moontlikheid van die geestelike opwaartse ontwikkeling ten volle op die aarde benut het nie. Of anders gestel, as hy nie deur sy lewenswandel, sy ware gesindheid tot God, sy geloof en sy aktiewe liefdadigheid `n graad van volmaaktheid verwerf het wat ook vir die liggaamlike omhulling die aardse weg kon verkort het nie, maar hoe dit ookal sy, dit moet steeds aan die wil van God oorgelaat word welke dienende opdrag Hy nog aan die omhulsel wil toewys. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205