BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Hemelliggame met verskillende ligsterkte en die doel daarvan

1919 Watter bestemming die oneindig baie hemelliggame het, is vir die mens onbekend en `n verklaring daaroor is ook maar net d.m.v. die geloof te gee en kan ook net gelowig as waarheid aangeneem word, want `n bewys kan nie gelewer word solank die mens nog aan die aarde behoort nie.

Die hemelliggame het dieselfde taak as die aarde, naamlik om die geeswesens `n verdere moontlikheid te bied om hulself te ontwikkel; hulle is egter verskillend en in hul aard en ten volle anders as die aarde, tog dien almal dieselfde doel, naamlik om die onvolwasse wesens in `n hoër toestand van volwassenheid te bring. En hierdie taak is steeds bepalend vir die gesteldheid en samestelling van alle hemelliggame. Elke hemelliggaam word dus vir die eerste keer bewoon en wel deur sodanige wesens wat nog sigbare skeppingswerke nodig het, omdat hulle siele nog nie volwasse is nie.

Die aard en manier van werksaamheid van sulke wesens op `n hemelliggaam buite die aarde kan nie vir die mense begryplik gemaak word nie. Dit wyk egter totaal af van die taak van die wesens op aarde, want vir hierdie opdrag is materie nodig, terwyl die ander hemelliggame skeppings is waar nóg aardse natuurwette toegepas word, nóg van die wesens wat daarop woon werksaamhede vereis word wat ooreenstem met die van die aarde. Tog stel die mens hom iets soortgelyks voor wanneer hy niks anders vir homself kan voorstel nie. Derhalwe kan daar slegs op hierdie manier opheldering na die mense toe kom, en wel is dit die goddelike Wil dat die mense opheldering daaroor gegee word. Waarheen julle oog hom ookal wend, sien julle goddelike skeppings, maar julle sien nie die wesens wat hulle bevat nie. Die wesens gaan so deur oneindig baie verblyfplekke, voordat hulle weer aansluit vanwaar hulle uitgegaan het. Die gang deur die Heer se sigbare skepping kan voldoende wees om die gees weer die toestand van volmaaktheid te gee, soos dit eens was, dan het hy geen verdere opleiding vir die gees meer nodig nie. Hy kan hom in die ligryk aansluit by net sulke volwasse wesens en homself daardeur steeds meer positief ontwikkel.

Ontelbare siele gebruik egter nie die bestaan op aarde soos wat hulle dit sou kon nie, hulle verlaat dan die aarde in `n onvoldoende toestand van volwassenheid en is onbekwaam om die ligryk binne te gaan. Hulle moet nou `n ander moontlikheid gebied word om verder te ontwikkel, want die Heer se skepping is oneindig groot en vormingsplekke vir die gees is daar waarlik genoeg. Elke oord beantwoord aan die toestand van volwassenheid van die siele wat nou daarin woon. Hulle onderskei hulself slegs in ligsterktes van mekaar, d.w.s. hulle is meer of minder stralend, omdat die straalkrag van alle hemelliggame afhanklik is van die volwassenheid van die wesens wat daarop woon, want hulle graad van volwassenheid is maatgewend vir die straling van die lig wat hulle ontvang. Daar is hemelliggame wat van die lig weggesteek is, omdat daar totaal onkundige wesens daarop woon, d.w.s. wat hulle vir die aangebode onderrigting afsluit. Maar kennis is lig.

Hierdie hemelliggame sonder lig is die digste met siele bevolk, want daar gaan ontelbare siele van die aarde af daarheen wat geen enkele stukkie geestelike kennis in hulself opgeneem het nie en hulle kan daarom ook net aan hierdie hemelliggame toegewys word, waar dit nog donker nag is. Tog ervaar hulle gewoonlik die duisternis as `n kwelling, en dan bestaan die moontlikheid dat hulle lig sal begeer en soek. En dan kan die positiewe ontwikkeling ook by hierdie siele begin en kan hulle in streke met meer lig geplaas word, d.w.s. op hemelliggame wat `n geringe graad van ligkrag het. Maar vir alle hemelliggame geld dieselfde wet, naamlik dat die wesens in liefde werksaam moet wees, want dit gee lig, d.w.s. die lig vloei nou na die wesens wat in liefde aktief is in die vorm van kennis. Daar is hemelliggame wat `n onvoorstelbare ligintensiteit het. Daar bly die siele wat `n welgevallige lewenswandel op aarde aan die Heer gehad het en hulle dien in liefde, totdat hulle in `n hoë graad van sielevolmaaktheid gebring is, of hulself op ander hemelliggame ingespan het om hul taak op aarde, wat hulle verontagsaam het, te volbring en wat nou ligdraers is wat onophoudelik lig ontvang en kan uitdeel.

Vir hierdie geestelike wesens is dit nie nodig dat hulle op sigbare skeppings bly nie. Hulle is nou deur hul hoë graad van volwassenheid bekwaam om te skep en te vorm en doen dit nou tot hul eie geluksaligheid. Gevolglik is die hemelliggame vol besonder bekoorlike skeppings. Dit is geen aardse skeppings nie, dus bestaande uit materie en derhalwe met `n vaste vorm nie, maar kom net ooreen met die verblyfplek van die wesens in geestelike sfere. Net so bevat ook die hemelliggame sonder lig geen materiële skeppings nie, egter nie wat vir die wesens waarneembaar is nie, omdat alles daar voorhande is wat die wesens in hul donker toestand begeer. Vir hulle geestelike oë ontstaan ook aardse skeppings, want hulle wil, hulle verlange daarna, laat hierdie skeppings sigbaar word, egter sonder om materieel werklik teenwoordig te wees. En dit beteken vir die wese `n kwelling, om na iets te verlang wat nooit vatbaar of voelbaar is nie, maar dit slegs as beeld vir homself te hê. Daardeur word die verganklikheid van die aardse aan hulle duidelik gemaak, sodat hulle vanself leer om die begeerte daarna te oorkom, want sonder om dit te oorwin, kan hierdie wesens nooit die ligsfere binnegaan nie.

In die toestand van volmaaktheid is die skep en vormgee egter ietwat anders. Dit is geestelike skeppings, wat geen enkele verband met die begerenswaardige dinge op aarde het nie. Die verskillende hemelliggame is derhalwe verblyfplekke vir die siele van hulle wat op die aarde gesterf het met verskillende grade van volwassenheid. En daar bestaan miljoene en nogeens miljoene hemelliggame met verskillende ligsterkte, sodat elke siel waarlik `n blyplek sal vind wat ooreenstem met haar graad van volwassenheid, om haarself verder te kan ontwikkel, sodat slegs die wil van die wese maatgewend is of sy die weg omhoog in `n korter of langer tyd sal aflê. Die Heer laat geen wese val nie en gee haar steeds weer moontlikhede om haarself te ontwikkel, ook buite die aarde, dus in die hiernamaals.

Tog is die aardse lewe wat nie benut is nie, nooit heeltemal goed te maak nie, want slegs op die aarde kan die siel, as sy haar wil goed gebruik, `n toestand van volmaaktheid bereik wat haar die hoogste erfdeel van die hemelse Vader oplewer, naamlik die kindskap van die Heer. Daar is oneindig baie grade van geluksaligheid, wat die wesens deur hulle ontwikkelingsgang omhoog kan verwerf op die hemelliggame. Maar nimmer sal hulle die geluksaligheid kan geniet wat vir `n kind van die Heer berei is nie. Daartoe het die Heer die mens die aardse lewe gegee, dat hy, solank hy die vrye wil het en hom daardeur krag en genade in onmeetlike mate ter beskikking staan, die allerhoogste kan verwerf, naamlik die kindskap van die Heer, en wat hierdie Woord beteken, kan julle nie alles begryp nie. En tog moet julle, sonder om die betekenis daarvan te weet, deur die aardse lewe gaan, sodat julle in volledige vrye wil al op aarde die eenwording met die Heer sal nastreef, en dan eers die mees geluksalige skepsels in die ewigheid word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205