BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Oorerflikheid en aanleg

1933b Die aardse bestaan van die mens stem ooreen met sy natuur, d.w.s. aan sy siel kleef foute en gebreke waarvan hy hom moet bevry deur sy lewenswandel op aarde. Hierdie foute en gebreke is nie by alle mense dieselfde nie, omdat alle sielesubstansies voorheen in `n ander uiterlike vorm geleef het, waarin sekere substansies, goed of sleg, meer of minder sterk ontwikkel het. Gevolglik sal die mense ook in hul aard heeltemal verskillend wees en sodoende ook verskillende opvoedingsmiddele nodig hê, om dit wat goed in hulle is, te bevorder en om dit te oorwin wat gebrekkig of sleg genoem kan word.

Dit sou heel verkeerd wees om aan te neem dat alle siele dieselfde is tydens hulle beliggaming op aarde. Veeleer verskil hulle baie en die mens skryf hierdie verskille in aard toe aan oorerflikheid. Dit kan ook wel na buitentoe so lyk wanneer die kinders in hul aardse bestaan `n bepaalde (erflike) las op die koop toe moet neem en wel karakteristieke eienskappe van hul wese, wat sowel bevorderlik asook hinderlik kan wees om homself geestelik te ontwikkel, waarvoor hy egter nie tot verantwoording geroep kan word nie, omdat volgens hul motivering hul “genetiese samestelling” nie hulle eie fout is nie, dat daar dus in ooreenstemming daarmee ook meer krag nodig sal wees om hierdie aangebore foute te bestry en te oorwin.

Die mens moet teen al sy foute stry en aan homself werk om die volmaaktheid van sy siel te verwerf. En as besondere drifte in hom die oorhand het, moet dit vir hom duidelik wees dat die ouerlike aanleg nie die wese van die mens bepaal nie, maar dat die mens juis hierdie swakhede en foute uit die oneindig vele beliggaminge voor die stadium as mens, tot sy geaardheid laat word het, waarin die wese hom behaaglik voel en niks doen om hom te bevry van sulke foute en gebreke nie. Hy voel sy gebreke as `n goeie reg, omdat hy dit oorgeërf het en dit nie as sy skuld beskou nie.

En tog was dit sy eie vrye wil om homself vir die tyd van sy lewe op aarde aan te sluit by mense wat ooreenkom met sy aard. Juis hierdie mense met dieselfde aard het `n aantrekkingskrag gehad vir die siel wat haar probeer beliggaam en gevolglik praat die mense in die algemeen van oorerflikheid, ofskoon die liggaamlike ouers geen aandeel gehad het aan die aard van die siele vir wie hulle sorg moet dra gedurende hul tyd op aarde nie.

Daarom moet elke siel ook aan haarself werk om haar positief te ontwikkel. Dit kan nooit deur `n medemens, ook nie deur die liggaamlike ouers van haar oorgeneem word nie. Net so is die ouers onskuldig aan die aanleg van hul kinders, al lyk dit ook asof die kinders onder die erfenis van die ouers ly. Elke wese dra vir homself die verantwoording, hy moet slegs, solank hy in die sorg van sy ouers is, gewys word om aan homself te arbei, want die arbeid aan sy siel moet elke mens self volbring, omdat hy hom nie andersins kan bevry van sy sondeskuld van weleer nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205