BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Land van vrede - Gabriël

204 Ons wil jou gebede vervul en jou onderrig in die leerstellings van Jesus Christus. Aanvaar alles wat jy in jou hart gegee word en lewe daarvolgens. Jy sal baie baat as jy onophoudelik sal werk om dit op te skryf. Die tyd wat dit sal neem om hierdie barmhartigheid te ontvang, sal nie lank wees nie, en om in staat te wees om vir ons Heer en Verlosser te werk, moet jy `n hoë mate van geloof en kennis bereik het. Dit hang uitsluitlik van jou af of hierdie kort tyd goed gebruik sal word. Daarom, moenie toelaat dat enige geleentheid ongebruik by jou verbygaan nie. Die geestelike wesens sal altyd die manier van spreek so kies, dat jy gou sal herken wie Sy leringe aan jou oordra. Maar vandag kry jy `n aankondiging wat bedoel is om baie te verduidelik en sal jou bekendstel aan `n gebied waarmee jy nog nie vertroud is nie. Luister dus:

Baie siele van oorledenes gaan direk na hulle dood na `n spesifieke aangewese land waar geen bekommernis en probleme bestaan nie. `n Engel met die naam Gabriël bestuur hierdie land, en hy bied `n rustige en stil bestaan vir almal. Dit is waar baie moeë siele stille afsondering en gedagte bepeinsing vir die eerste keer leer ken, en by wyse van spreke, vergoed word vir hul besige dae op die aarde, totdat hul uitgerus het en hul mening en doel in die ewige koninkryk oordink het.

Die skynsel van die sonsopkoms stuur `n sagte lig oor die hele vallei, die oog verbly hom voortdurend in die uitstaande skoonheid, geen skadu versteur hierdie visie nie en daar is niks wat hierdie prag versteur nie, net sang en klokkespel omring haar. En die rus versterk die siel totdat sy wakker word uit haar droom en die drang voel om liefdevol aktief te word. Elkeen wat dit op die aarde bereik het, en wat homself in staat gestel het om hierdie dal van vrede te bereik, sal liefdevol benader word deur God en gekies word vir `n wonderlike taak in die hiernamaals.

Ag, as julle net almal julle harte wil volg en die taak herken wat vir julle bedoel is om op aarde te vervul ten einde hierdie vallei te betree, net `n blik in hierdie land sal julle enigiets op aarde laat verduur om daar te wees. Gee dus aandag: Elke getroue volgeling van die Verlosser wat Sy hart aan Hom gee, word lewe belowe deur die Heer, maar wat beteken lewe as mens dit nie in Sy teenwoordigheid kan geniet nie? Maar, hierdie land is net `n voorsmakie van die lewe naby aan die Verlosser, dit is net `n oorgang van die somber bestaan op die aarde na die verligte gebied van saligheid.

Woorde kan nie die grootsheid wat voortspruit uit die Verlosser se teenwoordigheid beskryf nie, en ten einde in staat te wees om hierdie glans te verduur, moet die siel `n oorgangstydperk te midde van onbeskryflike mooi weivelde, wat `n mens se hart nie kan bedink nie, deurgaan. My liewe kind, ons sou graag dat jy `n glimp in hierdie land kry, maar die Heer ag die tyd nog nie reg te wees vir jou nie, daarom moet jy met meer ywer en getrouheid en liefde vir die Verlosser jouself al hoe meer wy aan geestelike sake, sodat ons jou meer omvattend kan onderrig om jou weg makliker te maak op die aarde en om jou oë hemelwaarts te rig. Jy word `n onmeetlike barmhartigheid verleen deur hierdie openbaring. Aanvaar elkeen met toewyding en bly dankbaar teenoor die Hemelse Vader nou en vir ewig. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205