BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Drie-Eenheid

2056 Die leer van die drie-eenheid van God het al aanleiding gegee tot die grootste versplintering onder die gelowiges en sal voortdurend `n bron van ergernis wees, solank as wat die waarheid nie na julle gebring word en aanneemlik aangebied word vir die mense nie.

Geestelike duisternis het dit laat ontstaan, geestelike duisternis het `n uitleg bedink van die woorde “Vader, Seun en Heilige Gees”, wat die denke van die mense in verwarring gebring het. Dit is ook `n geloofsleerstelling wat onvoorwaardelik aangeneem moes word, omdat die mens wat daaroor nadink, nie tot `n bevredigende oplossing kon kom nie en dit dus beslis sou moes verwerp. En dit was teëgegaan deurdat die aanneem van die geloofsleerstelling onder dwang geëis was. Die leerstelling van `n God in drie persone is vir elke regdenkende mens onaanvaarbaar.

Om God as `n Wese voor te stel, is vir die mens nie moontlik nie, want `n Wese gee hom die idee van `n vaste vorm, daarsonder is dit vir hom onbegryplik. Sodra die mens die Godheid vir hom as `n persoon voorstel, gee hy die vorm `n gedaante. Dit is in ooreenstemming met die begripsvermoë van die mens, maar wyk tog heeltemal af van die waarheid.

Om `n lering te formuleer van `n Godheid in drie persone is slegs geskik om die goddelike Wese te verswak en deur `n menslik begrensde voorstelling `n vals beeld te skep van `n ewige Godheid. Die begrip van die Drie-Eenheid van God is slegs daarin te verklaar waar die voorwaarde om dit te begryp, gegee word deur die wil om die goddelike wysheid te deurgrond deur geloof en liefde.

Mense wat nie diepgelowig is nie, wat nie in die liefde lewe nie, sal die begrip alleen suiwer verstandelik wil ontleed en dit kan nie tot die waarheid lei nie en daar kan geen resultaat tot stand kom wat naby aan die waarheid is nie. Baie raak vir die gelowige mens egter begryplik, omdat hy d.m.v. gedagtes onderrig word vanuit die geesteryk. Geloof en liefde is die voorwaarde tot die kennis oor God se Liefde en Wysheid, oor God se werksaamheid en bestuur. Dit is verder ook die voorwaarde om die waarheid te ontvang.

Dus word hulle ook ooreenkomstig die waarheid op hoogte gebring van die Liefde van God, Wie alles wat is laat ontstaan het. Hulle word onderrig oor die samehang van alle dinge, die allereerste begin, die sin en die doel van diegene wat is en daardeur sien hulle die oneindige Wysheid van God. Hulle word in kennis gestel van die Krag wat alles deurstroom, van die Almag van God, van Sy Wil, wat ononderbroke aktief is en van die samehang van elke skepping met hierdie Krag. Die gelowige, liefdadige mens gryp al hierdie wysheid, want as hy gelowig is en liefde beoefen, stroom die goddelike Gees deur hom heen, d.w.s. hy neem die krag uit God regstreeks in ontvangs en hy word daardeur siende en wetende. Dus sal hy nou ook begryp dat die misterie van die ewige Godheid maar net deurgrond kan word as God Self deur Sy krag in die mens werksaam kan wees, want iets geesteliks kan maar net geestelik begryp word. God is Gees en die krag uit God is ook geestelik. Stroom hierdie nou die mens toe, dan kan hy ook binnedring in andersins ondeurgrondelik gebied, want dan is dit nie die mens wat die vraagstuk oplos nie, maar die Gees uit God in die mens. Maar vir die mens wat slegs met sy verstand dink, sal die geheim van die Wese van die ewige Godheid `n geheim bly. En so was ook die leer van die drie-eenheid deur die menslike verstand uitgelê en het die leerstelling van `n God in drie persone ontstaan.

God kan nooit as `n persoon voorgestel word nie, Hy kan alleen in die gedaante van Jesus Christus vir die mens aanskoulik gemaak word, sodat die mense op aarde daardeur vir hulself `n voorstelling van God kan maak as hulle Jesus Christus in alle glorie in die gees beskou. Die ewige Godheid is Liefde, Wysheid en Krag. Die Liefde is die Verwekker van alles wat is en is die Vader van alles, die Oerkrag sonder Wie niks sou kan bestaan wat is nie. Uit die Liefde het alles voortgekom en alles moet weer tot liefde word wat hulle daarvan afgewend het.

Die Liefde is God Self. En wat uit die Liefde voortgekom het, gee bewys van Sy Wysheid. Die Liefde is God Self, Sy skeppings en alles wat uit Hom ontstaan het, getuig van Sy Wysheid en dus is, wat uit die Vader is, Sy Seun. - En God se Wil, Sy Krag wat alles laat ontstaan, dit is is Sy Gees. God die Vader, God die Seun en God die heilige Gees is in Hom die Wese van die ewige Godheid - Liefde en Wysheid en die Krag van Sy Wil.

“Die goddelike Liefdeswil het vorm aangeneem”, hierdie woorde het dieselfde betekenis as “Vader, Seun en heilige Gees”. Want die Liefde van God het die Wil aktief laat word en geskep. God se Liefde en Gees het Hom beliggaam as Wysheid. Die Gees van God het die Seun uit die Vader laat voortkom. Wie gelowig is en in die liefde leef, sal hierdie wysheid begryp en vir hulle is die Drie-Eenheid van God opgelos.

Maar in welke dwaling verkeer die mense nie by wie dit aan geloof en liefde ontbreek nie en dit tog as `n leerstelling van die geloof aangeneem het, wat selfs vir die knapste wyses onaanvaarbaar bly.

Want wie vir hom `n godheid gebonde aan persone voorstel, by hom ontbreek alle geestelike kennis nog. Hy gebruik iets suiwer aards vir geestelike wesens, wat heeltemal verdwyn in die geesteryk.

Die voorstelling van `n Godheid in drie persone is misleidend, ofskoon die toevoeging gebruik word: “hulle is een”. Die mens word in `n verwarde denke gebring sodra hy dit waag om daaroor na te dink.

Dit is egter vir die mens, van die kant van God af, nie verbode om daaroor na te dink nie. God wil duidelikheid aan hom verskaf en dit is nie Sy Wil dat hy in blindheid deur menslike invloede voortgaan nie, hy moet slegs die ware weg kies wat na insig lei.

En hulle wat self onwetend is en wat hul onvermoë om geestelike kennis in ontvangs te neem, probeer kompenseer deur verstandelike denke en verstandelike opgestelde leerstellings, is waarlik nie geroepe om ander te onderrig nie. God is Gees en Hy kan alleen geestelik deurgrond word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205