BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Aardse maatreëls – oordra van die waarheid

2096 Die mens sal `n buitengewone belangrike opdrag moet vervul wanneer God hom daarvoor uitkies. Die geestelike nood van hierdie tyd benodig daardie soort mense wat aktief besig sal wees in die ryk van God; dit verg mense wat die verbinding tussen die aarde en die geesteryk tot stand sal bring, wat hulle bereid sal verklaar om as tussenpersone tussen God en die mens te werk, wat insig het en aan wie die kennis van die waarheid oorgedra kan word, want om die nood van hierdie tyd te verminder, moet die waarheid eers onder die mens versprei word.

En dit is `n taak wat groot liefde en `n sterk geloof vereis, want hierdie mens sal moet standhou teen die wreedste vyandigheid van die wêreld, hy mag nie onseker word of verslap indien sy sending resultate moet bereik nie. Hy moet bereid wees om ten volle sy lewe vir die waarheid te gee, hy mag geen aardse mag vrees nie, soos wat hy ook geen ag mag slaan op liggaamlike lyding nie. Sy geloof moet steeds sterker word en alles oorwin.

Hierdie belangrike opdrag is dan alleenlik uitvoerbaar wanneer die mens in die innigste verbinding met God staan, as hy deur hierdie verbinding steeds meer krag uit God in ontvangs sal neem, want slegs God is sy sterkte, sy mag en sy krag waardeur hy alles kan volbring wat hy wil.

Om die mense in die waarheid te wil onderrig, is `n onderneming wat groot deursettingsvermoë en geduld vereis, want dit gaan dikwels daaroor om hardnekkige weerstand te breek, wat begryplik is, omdat die geestelike duisternis die mense onbevoeg en onwillig maak om die waarheid aan te neem.

Weer en weer moet hierdie mens probeer om lig in die geestelike nag van sy medemens te bring. Hy moet deur sy eie lewenswandel en die uitwerking daarvan, vir die mens `n goeie voorbeeld wees, hy moet steeds weer probeer om in liefde `n invloed uit te oefen op die mense wat nie begrip het nie en hy mag nie angstig aan die gevolge dink wat as gevolg van sy arbeid van wêreldse kant sou kan ontstaan nie.

Die geestelike nood van die tyd maak daadkragtige hulp noodsaaklik en vereis moedige stryders vir die ryk van God. En die mense sal angstig wees vanweë die maatreëls wat opgelê sal word aan die mense wat God dien. Hulle sal hulle gewillig buig onder die eis van hulle wat sulke maatreëls uitvaardig en daarom sal die stryd twee maal so ywerig gevoer moet word deur hulle wat hulle aanbied in die diens van God.

Die sigbare ondersteuning sal nie ongesiens bly nie en dit sal die krag en die moed groter en sterker maak om die aangewese belangrike taak uit te voer. Want dit gaan oor meer as die aardse lewe wat na `n kort tydjie beëindig word, dit gaan oor elke mens se ewige lewe, wat hyself op aarde gestalte aan gee.

Die wete van die kwellings enersyds en die onvoorstelbare geluk andersyds sal egter die mens wat daarvoor geroep is, daartoe bring om die swaarste leed op hulleself te neem om dit vir hul medemens te bespaar en om hulle te help om die ewige heerlikheid te bereik. En hy sal My belangrike taak met volle oorgawe vervul, want God Self sal hom altyd bystaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205