BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Skepping van die wesens - Verkeerde wil

2100 Hou in gedagte dat julle die lewende skeppings is van die een wat God teengestaan het, dat julle in die lewe geroep is deur die wil van die God opponerende krag en dat julle dus kinders van sonde is. God het nie Sy krag weerhou van hierdie gees wat eens uit Sy krag na vore gekom het as `n volmaakte wese nie, dus het hy gebruik gemaak van God se krag, en deur gebruik te maak van goddelike krag, tallose wesens laat ontstaan deur sy wil, en dit was julle begin. Julle is die produkte van `n verkeerde wil en tog van goddelike oorsprong, want net God se krag het julle laat word wat die teenstander van God wou. En dit is hoekom julle aan hom onderwerp sal bly, so lank as wat julle wil streef na dieselfde skeiding van God, want dit was die fundamentele idee, die motief vir die afvalligheid van God, om vry te wees van Sy krag, om vry te wees en om te heers oor die wesens. En so het die mees verligte gees wat deur God geskape is, geval tot in die diepste afgrond, hy het teen God gerebelleer en probeer om al die wesens wat uit sy wil na vore gekom het, te beïnvloed om ook teen God te rebelleer. En sy skepsels het toegegee aan sy wil, alhoewel hulle in staat was om vrylik te besluit watter God om te erken. Die wesens was in sy mag, omdat hulle hulle wil aan hom oorgegee het, wat later deur die teenstander van God misbruik was deur hulle te bind en sodoende die oorspronklike vrylewende skepsels te verslaaf. Maar alles wat uit God se krag ontstaan het, het die drang na vryheid, en ten einde die vryheid terug te gee aan die wesens, het God die wesens gegryp vanuit hul maker se krag en hulle in `n vrye toestand in die geesteryk geplaas en hulle die reg gegee tot selfbeskikking. Die wesens het egter ook hul vryheid misbruik en ook sondig geword deur hul aan die opponent se kant te skaar. Maar goddelike krag was die fundamentele substansie van die wesens, en goddelike krag moet sonder versuim terugvloei na God toe. En so het God geworstel vir hierdie weggevalle wesens, sodat hulle die weg na Hom kon vind en hulle wil vir Hom kon aanbied. Menslike intellek kan nie verstaan dat niks wat uit God kom, ooit verlore kan gaan nie, dit kan nie verstaan wat `n enorme taak dit is om dit wat homself gedistansieer het, weer na God terug te lei nie. Ook kan die menslike intellek nie aanvaar dat die mag van die teenstander van God so groot was dat hy wesens kon skep nie, en dat die goddelike krag nie ingegryp het om sy wil te verander nie, sodat hy God sou erken as God bo homself en ook sy skepsels sou beveel om God te benader en te voldoen aan Sy wil. Menslike verstand kan nie verstaan dat oneindige tye verbygegaan het, alvorens die transformasie van hierdie lewende skepsels se denke plaasgevind het en hulle God begin erken het nie, en daarom lig God die mense deur geestelike kanale in van die kennis van watter krag aktief was tydens die skepping van die wesens wat nou hul beliggaming op aarde ervaar. Hierdie wesens het vrywillig daarna gestreef om in opposisie teen God te kom en sou nooit weer na God kon terugkeer as hulle in die toestand van hul vrye wil gelaat was nie, en omdat hulle deur die verkeerde wil geskep is, was die verkeerde wil ook in hulleself en gevolglik moes dit dan teen God streef, want hulle het nie die krag geken wat verantwoordelik was vir hul strewe nie. En dus was die wesens onderhewig aan hul maker, hulle was ietwat onvolmaak, verslaaf en vervreemd van God, wat nie ooreengestem het met Sy wil en natuur nie.

God, as die mees volmaakte Wese, kan nie enigiets naby Hom verdra wat nie ooreenstem met hierdie toestand van volmaaktheid nie. Maar dit was nie die wesens se eie skuld nie, want hulle het nog nie die lig herken nie, want hulle het vanuit die duisternis na vore gekom. God se liefde het hierdie wesens gehelp en hulle van die lig vertel, Hy het hulle vryheid van wil gegee deur sy teenstander se mag oor hulle te breek en die wesens dus te bevry van sy beheer. Die onvolmaakte geskape wesens kon egter nie verander word deur die goddelike wil om volmaak te word nie, maar moes vir hulleself besluit, hulle moes uit eie beweging na God se teenwoordigheid streef en hulself van die teëstander distansieer. As gevolg van hul vryheid van wil was hulle in `n posisie geplaas om te besluit, aangesien hulle nou van beide magte geweet het. Maar hul verkeerde wil het oorheers en die wesens het weer na hulle maker gedraai en hulself verloor aan die duisternis. En God het hulle innig jammer gekry, want die toestand van diegene sonder lig was pynlik. Sy liefde wou die wesens in `n gelukkige toestand gehad het. En so het Hy die wesens se wil weggeneem, en hulle `n oneindige lang weg laat gaan, in `n toestand sonder wilskrag, wat hulle na volmaaktheid sou lei. En vir hierdie doel het God die skepping laat ontstaan. God het vorms gemaak wat ontwerp was om die passiewe wesens te beskut. So het God die hemel en die aarde geskape, `n geestelike en `n aardse wêreld, wat bestem was om `n woonplek vir die onvolmaakte wesens te word totdat hulle volmaak geword het, Nou was die wesens gedwing om hul arrogansie te los en moes hulle buig voor die goddelike wil. Hulle moes `n toestand verduur wat `n beperking vir die wese was wat voorheen sy vryheid geniet het. Hulle was van hul vryheid ontneem, omdat hulle dit misbruik het. Die weg deur die skeppingswerke het hulle weer nader aan hul vorige vryheid gebring, totdat hulle uiteindelik hul vryheid weer kon ontvang wanneer hul weer menslike wesens geword het, ten einde die toets te slaag of hulle hul vrye wil op die korrekte manier sou gebruik. Daar was inderdaad `n groot risiko dat hierdie wesens nie die toets sou slaag nie, tog moes so `n toets plaasvind, want die terugkeer na God het slegs volle waarde binne `n vrye wil. Dit beteken dus dat die wesens nader aan God sal kom. Die krag van God, wat deur die teenstander gebruik was vir die skepping van die wesens, sou weereens teruggevloei het na sy oorsprong, en terselfdertyd sou die God-opponerende wil verander word in `n wil wat met God ooreenkom, dus kon die wese nou volmaak word, as wat hy dieselfde wil sou hê as God. Die wese, wat geen kennis van God gehad het toe hy geskep was nie, en het slegs God se teëstander herken as sy meester, maar nou kon hy homself bevry uit sy mag en die weg huistoe na sy Vader vind, uit wie se krag hy ontstaan het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205