BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Genade van die verlossingswerk

2101 Dit is die genade van die verlossingswerk wat Jesus Christus vir die mense verwerf het, naamlik dat hulle in staat sou wees om hul swak wil te oorwin, dat hulle nie meer weerloos teenoor die vyand van hulle siele sou staan nie, dat onmeetlike krag en genade hulle sou toestroom as hulle dit sou begeer en dat die geringste wil vir God hulle ook hierdie krag uit God sou laat gewaarword en dat dit dan in `n groot geestelike strewe tot uiting sal kom.

Die toestand van die mensdom voor die verlossing deur Jesus Christus was beklaenswaardig. Die mens het geen wil gehad om omhoog te gaan nie, want hulle het geen geloof aan `n verdere lewe na die dood gehad nie. Hul strewe was slegs gerig op aardse voordele en liggaamlike welbehae. Hulle het wel geglo in `n God wat volgens Sy wil hulle aardse lewe kon vorm gee. En dus het hul vrae net gegaan oor die verbetering van die aardse bestaan. Aan die siel en haar vorming was geen aandag geskenk nie, wat gelei het tot `n wêrelds ingestelde mensdom waarvoor die geestelike strewe vreemd was. Dit was die werk van die vyand wat die wil van die mense nog te veel in sy mag gehad het en wat hulle ook opgesweep het tot liefdeloosheid teenoor mekaar. En ter wille van die aardse welsyn was alle middele vir die mens goed en hulle denke en strewe was boos en liefdeloos.

En in hierdie tyd het die Heer na die aarde neergedaal. In hierdie tyd het die mens Jesus geleef, in wie se hart die verlange na God baie groot was en wie se lewensdoel die vereniging met God was. Die eenwording met God was slegs moontlik in die innigste liefde en Jesus het liefde aan al die mense gegee. Hy was onuitputlik in Sy liefde en Hy het die ewige Liefde Self in Hom opgeneem. Jesus het die swakheid van die mense gesien en dat hulle die wil vir die goeie ontbreek het. Hy het geweet dat slegs die Liefde verlossing aan hulle kon bring en het hierdie liefde tot alle mense gepreek om hulle daardeur aan die mag van die vyand te ontruk.

Deurdat Jesus Christus Sy wil heeltemal onder die wil van God geplaas het, deurdat Hy gebid het: "Vader, nie my wil nie, maar laat U wil geskied", het Hy die wil van God Sy eie gemaak. Hy het Sy wil aan God geoffer en het dus die vyand ontneem van die mag oor Sy wil. En deur Sy dood aan die kruis het Hy die wil van die vyand gebreek en aan sy wil ontwring Hy ook die mensdom vir wie Hy gesterf het. Want die mens Jesus het die dood aan die kruis ondergaan om die mens daardeur vry te maak van die een wat hulle gepynig het.

En God het die offer aangeneem. En aan elke mens wat van die genade van die verlossingswerk gebruikmaak en wie sy wil ook na God bring, gee Hy meer krag. Want wie leef vanuit die navolging van Jesus, sal ook die begeerte hê om hom te ontvlug wat hom wil bind. Maar as hy Jesus Christus nie erken nie, dan behoort hy tot diegene wat nog gebind is deur die wil van die teenstander van God. Oor hulle het hy nog mag en hul eie wil is nie sterk genoeg om hul van hierdie mag te ontworstel nie. Hulle sal hulself steeds weer buig onder sy wil en kan daarom nooit vryword nie.

Jesus het die offer gebring vir die mens wat self te swak was. Hy het Sy sterk wil teenoor die wil van die vyand geplaas en teenoor hierdie Wil kon die vyand nie standhou nie. Want Jesus het `n beroep gedoen op die krag uit God wat Hom deur die innige verbinding met God toegestroom het. En wie Jesus Christus erken as die goddelike Verlosser, sal ook gebruik kan maak van hierdie krag van God. Want dit is die genade van die verlossingswerk, dat die wil van die mens sterk kan word om weerstand te bied, dat die mens die krag kan kry wat hy nodig het vir sy weg omhoog. Jesus Christus het die mense die weg gewys wat omhoog voer.

Ook is dit `n genade, dat die mens van Hom `n voorbeeld kan neem, sodat hy sy lewe op aarde volgens Sy voorbeeld kan leef, naamlik in liefde en geregtigheid. En wie ernstig is met die navolging van Jesus, wie sy bes doen om sy siel te vorm volgens Sy voorbeeld, wie onophoudelik werksaam is in liefde, wie sy kruis geduldig op hom neem en steeds maar bid: "Vader, laat u wil geskied", sy wil sal sterk wees en homself van die vyand van sy siel ontworstel. Want deur die erkenning van Jesus as die Seun van God en Verlosser van die wêreld, het hy reg op die genade wat deur Hom verwerf is.

Die weg na bo sal vir hom maklik word. Hy sal dit nooit sonder leiding hoef te gaan nie, want steeds straal die beeld van die Heiland aan die kruis vir hom. En hy sal weet dat Jesus Christus vir hom gesterf het en dat onmeetlike kwellinge daardeur vir hom gespaar gebly het. Hy sal weet dat niks vir hom te moeilik is nie, omdat Jesus hom die krag sal gee deur sy dood aan die kruis. Hy weet dat sy wil nie sal wankel wanneer hy Hom om genade vra nie. En hy weet dat die mag van die vyand minder geword het, dat hy hom kan oorwin as hy wil, omdat die krag hom juis toekom deur sy wil. Is sy wil gerig op God, dan hou die Liefde van God hom vas en bevry hom heeltemal uit die mag van die teenstander. Maar voorheen was die wil van die mens so swak gewees, dat hy nie vry was uit hierdie mag nie. En hierdie swak wil het die mens Jesus medelye ingeboesem. Hy het Sy sterk wil teenoor die teenstander van God geplaas en het hom oorwin. En wie Jesus Christus erken, sal hom ook oorwin, omdat hy daardeur bewustelik `n beroep doen op die barmhartigheid van die verlossingswerk. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205