BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die afval van God – Die teruglei na die Oerkrag

2106 Niks is bestendig nie; alles wat vir die menslike oog sigbaar is, vergaan. Maar die innerlike lewe van die mens is onverganklik, want dit is gees van God se Gees. Uit God se Krag het sy voortgekom en sy moet onherroeplik weer na God se Krag terugkeer. Sy moet haarself aansluit en verenig met die Oerkrag, omdat sy haar eens van Hom losgemaak. Maar `n losmaking van die Oerkrag is in soverre nie moontlik nie, aangesien die Krag van God nie deelbaar is nie. Maar die wil om haarself daarvan los te gemaak het, het bly bestaan en dus moet die wil nou eers weer na eenwording verlang, om dan ook as teruggekeer na die Oerkrag te wees.

Die wese wat ontstaan het uit die Krag van God en die verkeerde wil van die teenstander van God, was werklikhede, essensies, wat beide `n vrye wil en die bewussyn van `n individu in hulself gedra het. Hy het uit die uitstraling van God se Liefde voortgekom en moes oorspronklik as volmaakte wesens oneindig gelukkig wees. Hy moes die goddelike, die wil om lief te hê, alby in homself dra en weer skep en vorm. Maar die verkeerde wil van sy verwekker het ook in hierdie wesens die verkeerde wil geplaas en gevolglik het hierdie wesens, wat vol lig moes gewees het, verander in wesens van die duisternis.

Alles in hulle het verander na die teendeel. Die liefde het verander in haat, die wesens het arrogant en aanmatigend geword, hulle het nie gepoog om gelukkig te maak nie, maar het eerder begeer. Al die goddelike het in die demoniese verander en dus ware wesens gevorm wat teen God was, naamlik voortbrengsels van die verkeerde wil van die wesens, wat God eens bestem het om ligdraers te wees. Die teruglei van hierdie wesens na die Oerkrag was dus slegs moontlik deur middel van `n verandering van wil. Die verkeerde wil moes verander en hulle weer na Hom wend, van Wie hulle hul eens afgewend het. In die begin het hierdie wesens se wil nie verander nie, maar hulle het hul Verwekker gekies. En daarom word die wil van die wesens gebind. Hulle kon hul vrye wil nie meer gebruik nie en moes solank in `n soort van dwangtoestand bly, totdat die wil van die wese gekies het om werksaam te wees in wat hulle eens afgewys het, naamlik tot die dien in liefde, terwyl hulle eens in liefdeloosheid wou heers.

Die gedwonge omhulling van die wesens het die hele skepping opgelewer, wat slegs ontstaan het met die doel om die wesens wat hulle teen God verset het, te bind. Hierdie skeppings, wat vir die menslike oog duidelik sigbaar is, sal voortdurend vergaan - d.w.s. verander - solank as wat hulle die wese in hulself berg, wat die weg van positiewe ontwikkeling daarin moet aflê. Maar die voortskrydende ontwikkeling kan slegs deur oplos en vergaan van die uiterlike vorm verkry word, want dan eers laat hierdie vorm die wese vry. Die wese verlang egter vuriglik na sy vrywording uit die vorm, want sy oertoestand was vryheid en hy ondervind die onvryheid as `n kwelling. Die verlange na vryheid bepaal nou ook sy vrye wil, om hom te onderwerp en te doen wat daar van hom gevra word. En so rig die eens aan God teenoorgestelde wil homself stadig op God, al is dit ook in `n sekere toestand van "jy moet", maar die laaste wilsproef word aan die wese gestel in sy laaste beliggaming as mens op aarde, waarby die vrye wil aan hom teruggegee word, sodat dit vir hom van nut kan wees om vry te besluit. En hierdie vrye beslissing bepaal sy lewe vir die ewigheid. Die vrye keuse word aan hom gelaat om uiteindelik na God terug te keer, of om ook weer van God af te val.

En in hierdie laaste beslissing gryp God net insoverre in dat Hy die wese alle denkbare geleenthede gee om tot insig te kom, en hom ook onmeetlik krag en genade skenk, as die wese bereid is om dit aan te neem. Maar die laaste besluit moet die wese self neem, of hy weer die toestand vol van lig wil bereik, wat vir hom bestem was vanaf die allereerste begin. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205