BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Waar twee of drie in My Naam vergader

2107 "Waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hul midde." Watter belofte lê nie binne hierdie woorde van die Heer nie! Hy kondig sy teenwoordigheid aan, aan diegene wat in die Naam van Jesus ontmoet. Dit is dus Sy wil dat mense bymekaar moet kom en aan die Heer dink. Dit is Sy wil dat hulle mekaar moet aanmoedig om te glo en mekaar help en oor Hom praat, sodat hulle Hom in hulle harte kan dra en altyd Sy Naam noem. Dan wil Hy met hulle wees, al is dit onsigbaar. Hy wil hê dat hulle bewus moet wees van Sy teenwoordigheid, hoewel hulle Hom nie kan sien nie. En daarom is dit die Heer se wil dat mense in klein groepies moet vergader om die goddelike Woord te hoor. Maar Hy voeg by, twee of drie. Mense moet in ag neem dat God nie per ongeluk hierdie woorde spreek nie, hulle moet in ag neem dat selfs in hierdie Woorde lê `n diepgaande betekenis.

Gemeenskaplike gebede met baie mense kan nie die Heer se wil wees nie, want iets wat `n diep innerlike ervaring moet wees, word `n meganiese aksie. Want geen formaliteite vind plaas waar net `n paar mense bymekaarkom nie, en hulle dring die goddelike Woord selfs dieper binne, omdat hulle mekaar se standpunte bespreek en ook `n ernstige poging aanwend om te leef volgens hierdie Woord. En hierdie goeie wil trek God reeds na hulle toe, dit is waarom Hy die gelowiges verbly met Sy teenwoordigheid. Maar tydens groot gemeenskaplike gebedsbyeenkomste is die uitruil van gedagtes onmoontlik. Elke persoon is besig met sy eie gedagtes en dit hou nie altyd verband met die geestelike koninkryk nie. Mense dink nie altyd aan vrae oor die ewigheid nie, dikwels is dit ook baie aards georiënteer. God sal dus nooit onder hulle wees nie, want Hy is slegs teenwoordig waar daar opreg na Hom gestreef word. En daar sal net `n paar in so `n gemeenskap wees wat die ernstige wil het om goed te wees en daarom `n beroep op God doen vir die krag om in staat te wees om volgens Sy wil te leef. Dit sal die Heer verbly. Maar daar is nie baie van hulle nie. Die meeste mense vervul net `n plig en hulle geloof is meer `n formaliteit en die goddelike belofte kan nooit aan hulle toegestaan word nie. Dit is waarom mense moet bly by die goddelike Woord, hulle moet in klein groepies bymekaarkom en krag put uit God se Woord, maar hulle moet nooit ooit glo dat dit vir die Heer verblydend is wanneer sulke byeenkomste verëis word as `n saak van plig nie, aangesien dit die diep innige band met God uitsluit, tensy sy wil so buitengewoon sterk is dat hierdie mens alle uiterlike indrukke op hom kan verontagsaam. Dan sal God ook met hom wees. Iemand wat aan `n blote formaliteit voldoen, het nog geen lewende geloof nie, daarom sal hy nie die betekenis in hierdie woorde verstaan wat eintlik inherent is aan hierdie Woorde nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205