BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Omvorming van die uiterlike na die liggaamlike dood - Geestelik dood - Aktiwiteit - Niksdoen

2144 Die mens het lewenskrag nodig om enige taak uit te voer, dus beteken dit om besig te wees, ook lewe. As hierdie krag hom ontneem sou word, dan sal hy nie meer in staat wees om homself of ander dinge te verander nie, want hy is leweloos. En die uiterlike vorm verander sodra die mens leweloos geword het. Dit val uiteen en hierdie proses duur totdat elke substansie weer in `n nuwe uiterlike vorm opgeneem is. As die gees dus uit die vorm ontsnap, dan word die agterblywende vorm van sy vroeëre bestemming onthef, maar moet dan `n nuwe bestemming vervul. Hy moet bydra tot die groei van een of ander nuwe vorm.

Die substansie val uiteen om by `n nuwe uiterlike vorm opgeneem te word. Hierdie ontwikkelingsgang vereis weer baie tyd. Die ou vorm los dus skynbaar op. Maar in werklikheid tree die geestelike substansies, waaruit die aardse uiterlike vorm ook bestaan, met ander geestelike substansies in verbinding en vorm `n nuwe uiterlike vorm, omdat die gees wat verdig is tot `n uiterlike vorm, ook die positiewe ontwikkelingsgang op aarde moet deurmaak, want sy staan nog aan die begin van haar ontwikkeling. Sodra iets geesteliks hierdie nuwe uiterlike vorm tot blyplek toegewys word, begin haar dienende werksaamheid. Die vorm word dus tot lewe gewek, want om besig te wees, is lewe. Die krag van God vloei na elke skeppingswerk toe, sodat dit dienend werksaam kan wees, ongeag hoe. En elke aktiwiteit in hierdie vorm laat die gees positief ontwikkel. Gevolglik moet dit wat leef, werksaam wees vir die onvermydelike voortgaan van ontwikkeling. Slegs die dooie toestand sal `n stilstand in haar ontwikkeling behels. Maar alle materie het lewe in sigself, want dit verander, net met verskillende tydsduur. Selfs die mees vaste vorm word deur die invloed van buite, wat met die lugstraling, wat dus met die werksaamheid van die ligdraers saamhang, tot werksaamheid aangespoor, ofskoon dit nie vir die menslike oog sigbaar is nie. Maar die lewe is ook in hierdie vorm in beweging en bring veranderinge tot stand wat dus `n lewe daarin bevestig. Heeltemal dood kan die materie daarom nie genoem word nie, ofskoon dit heel leweloos voorkom. En tog bestaan daar `n toestand van leweloosheid, en wel in die stadium as mens.

In hierdie stadium stroom die grootste mate van lewenskrag die wese toe, wat hy tot dienende werksaamheid moet gebruik. En tog kan die mens totaal ondoeltreffend deur die lewe gaan, sodra hy die lewenskrag wat na hom toe kom, onbenut laat om die taak te vervul wat die sin van sy aardse bestaan is, wanneer hy dit versuim of nalaat wat aan hom die positiewe ontwikkeling oplewer, wanneer hy die werksaamheid in liefde nie in ag neem nie, naamlik die werksaamheid waarvoor God die lewenskrag aan die mens gegee het.

Dan tree daar `n stilstand in sy opwaartse ontwikkeling in. Dit beteken `n toestand van leweloosheid, van dood, en dit is die ergste, omdat hierdie toestand slegs deur die wese self opgehef kan word.

Maar die dooie toestand is `n toestand van kragteloosheid, waaruit die wese homself dus nie meer kan bevry nie, omdat hy vooraf, toe die krag na hom toe gekom het, dit nie wou gebruik het nie.

Vir die uiterlike vorm beteken dit die dood, slegs `n omvorming tot `n ander vorm, dus het alles `n ware verdere moontlikheid vir positiewe ontwikkeling van die geestelike substansie waaruit die uiterlike vorm gevorm is. Maar om geestelik dood te wees, is allerverskrikliks, omdat die laaste genade wat die wese ter beskikking gestaan het, ongebruik gelaat was, omdat die lewenstroom wat God die wese gegee het, nie gebruik was vir dienende werksaamheid nie en die wese het bly staan op dieselfde ontwikkelingsvlak waarop hy aan die begin van sy beliggaming as mens gestaan het.

Geestelike vooruitgang is nie moontlik sonder werksaamheid nie. Die wese het dus deur sy passiwiteit kragteloos geword en sal sonder krag die hiernamaals binnegaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205