BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebede vir die siele in die hiernamaals wat nie liefde op aarde gekry het nie

2165 `n Onverloste siel se lydingsweg is onmoontlik om vir die mens te beskryf, en tog moet julle weet dat sy `n onvoorstelbare hopelose toestand moet verduur, en omdat hierdie kennis bedoel is om mense aan te spoor om sulke siele hulpvaardig te ondersteun, word hulle daarom voortdurend gewaarsku om nie hierdie siele te vergeet nie. Hulle sal die mens wat hul angs verlig het deur vir hulle te bid, duisendvoudig bedank. Siele in die hiernamaals wat mense op aarde agterlaat met wie hulle liefdevol verbind was, het `n voordeel in vergelyking met diegene wat nie vir hulleself liefde op aarde verkry het nie. Liefdevolle gedagtes en vroom wense volg die eersgenoemde, of sulke siele ontvang krag deur innige gebed, wat hul situasie aansienlik kan verbeter. Elke liefdevolle gedagte word paaiend ervaar deur die siele en wek weer liefde, wat dan sal manifesteer teenoor ewelydende siele.

Siele wat egter sonder liefde op aarde geleef het, moet egter honger ly en ly onuitspreeklik. Hulle word gou vergeet, of daar word slegs onvriendelik aan hulle gedink, en dit het `n verskriklike invloed op hul toestand in die hiernamaals. Elke liefdevolle gedagte van die mens op aarde vir die siele in die hiernamaals verlig hul smarte, elke bose gedagte verhoog dit en die siele is nie in staat om hulself te verdedig of mense te dwing om hulle lief te hê nie.

Dus word die siel gevoelig geraak deur liefde of liefdeloosheid wat haar stryd na bo óf vergemaklik óf belemmer. Siele wat geen liefde van mense op aarde ontvang nie, is totaal afhanklik van hulself, in `n donker omgewing waar hulle onbeskryflike ontbering ly. Veral hierdie siele moet op aarde in gebed gedra word, sodat hulle ook die seën van intersessie kan voel, sodat hulle die krag van die liefde binne hulself kan voel, sodat `n `n innerlike verandering kan plaasvind. Want sodra `n liefdevolle gedagte sulke eensame siele vlugtig raak, sien hulle dit en kom in die rigting van die plek van oorsprong van hierdie gedagte, hulle kom naby aan die persoon wat genadiglik aan hulle gedink het en ondersoek hom en sy eienskappe, sy dade en sy gedagtegang. Hulle sal nooit `n persoon teister wat vir hulle goed is nie, alhoewel hulleself selde in staat is tot goeie gevoelens. Tog oordink hulle die rede waarom hulle toestand van lyding verlig wanneer hulle naby aan hierdie mense is en hulle voel `n merkbare verligting deur die gebed vir die sukkelende siele wat in duisternis woon. En hulle leer om te erken dat liefde die enigste manier is om hulle situasie te verbeter. En sodra `n siel hierdie besef gekry het, dan is sy ook sagmoedig en hulpvaardig teenoor ander siele en hulle sal dan die bitterste swaarkry kan vryspring.

Mense op aarde is in staat om oneindig baie siele te verlos van hul swaarkry, as hulle net sal poog om hulleself in te dink in die hulpeloosheid van hierdie siele. Want as hulle `n klein vonkie van liefde in hulself voel, sal die groot lyding hulle beweeg en in hulle die wil wek om hierdie siele te help. Mense moet hierdie arme siele, wat nie die krag het om hulself te help nie, in hulle gebede insluit, hulle moet `n beroep op God doen om barmhartig te wees vir hierdie siele, hulle sal hulle hul liefde gee en nooit gevoelloos aan `n oorlede persoon dink, sodat dit nie sy pyn verhoog nie. Want dan beland die siel in groot gevaar om heeltemal hard te word en elke goeie neiging sal in homself sterf. Maar die siele moet verlos word en die mens op aarde kan `n vreeslike groot bydrae maak tot die bereiking daarvan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205