BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dankbaarheid van die siele in die hiernamaals wat deur gebed verlos is

2174 Hoe hulpvaardiger die mens aan die siele in die hiernamaals dink, des te inniger sluit hierdie siele hulself weer by die mens aan. Want hulle sien in hom die redder uit hul noodsituasie. Hulle maak hul verbinding met die aarde eers losser, wanneer hulle die hulp van die mense nie meer nodig het nie, wanneer hulle in `n sekere mate meer volwasse word as die mense en hulleself nou met siele in die hiernamaals kan verbind, wat hul in dieselfde toestand van volwassenheid bevind. Dan staan hulle die mense weer behulpsaam by, maar hulle hou egter nie daarvan om naby die aarde te wees nie. Veeleer probeer hulle om die gedagtes van die mense op te trek in die geesteryk in. Hulle poog om die gees van die mense opwaarts en weg van die aarde te lei, omdat hulle in die ander ryk gelukkiger is en die aarde alle aantrekkingskrag vir hulle verloor het. Maar hulle vergeet nie die mense op aarde nie en hulle staan diegene besonder hulpvaardig by wat hul toestand van lyding versag het en hulle uit hul nood en pyn verlos het deur gebed en innige gedagtes. As hierdie siele verlos is, dan is daar baie krag vir hulle ter beskikking, wat hulle aan die mense op aarde kan stuur. En hul stryd op aarde sal steeds ligter word en hul geestelike vooruitgang sal maklik herkenbaar wees, want nou skep die verloste siele uit `n onuitputlike bron.

Dit is hul geluksaligheid om te kan help. En hulle liefde sal gerig wees op die mense op aarde wat nog moet veg vir die heil van hulle siele. Hulle betuig nou hul dank op dieselfde manier, hulle help die onverlostes om vry te word van hul gebondenheid. Hoe maklik kan die mense vir hulself hierdie opwaartse strewe maak, wanneer hulle deur hul hulpvaardigheid die liefde van die wesens in die hiernamaals kan verwerf en hulle liefde nou aan hulle vergeld word. Dan kan die mense die hiernamaals in `n toestand van lig ingaan en die folterende toestand van die onvolmaakte wesens sal hulle gespaar bly, want ook dit is geestelike goedere wat die mens op aarde verwerf. Hy sal in die hiernamaals weer sy geliefdes vind. Daar sal geen skeiding wees vir hulle wat op aarde in liefde met mekaar verbind was nie, en wie se liefde ook met die dood van die liggaam nie ten einde gegaan het nie.

Diepgevoelde begrip en gelukkigmakende liefde verbind ook nou hierdie wesens, omdat dieselfde geestelike toestand van volmaaktheid die gevolg is van die wedersydse denke aan mekaar. Wat dit beteken om by te dra tot die verlossing van `n siel, sal eers in die hiernamaals verstaanbaar raak wanneer die gees bewus word van beide die toestand van geluk en die toestand van lyding. En daarom is die verloste wese in die hiernamaals ook steeds bereid om die nie-verlostes te help en sy liefde strek deur die ryk aan die anderkant, asook op aarde. En daarom moet die mense op aarde vriende in die hiernamaals verwerf deur hul voortdurende bereidheid om die siele te help wat nog op hul hulp en liefde aangewese is. Want wat hulle uit liefde vir hulle doen, sal veelvoudig aan hulle vergeld word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205