BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Uitbarstings is `n daad van bevryding vir die geestelike substansie wat in `n vaste vorm gebind is

2175 Eindelose tye het reeds verbygegaan en eindelose tye sal nog verbygaan totdat die vergeesteliking van die fundamentele inhoud van die skepping voltooi sal wees. Hierdie proses is so onvoorstelbaar moeisaam en vereis so `n oneindige lang tyd, omdat die aanvanklike weerstand van die geestelike substansie nie met geweld gebreek kan word nie, want dit moet vrywillig besluit om oor te gee, en dus kan daar nie ingemeng word om die proses te bespoedig nie. Slegs die toepassing van baie harde druk kan die geestelike substansie se weerstand verswak, Weens die konsekwentheid van die sigbare skeppings, blyk dit byna onvernietigbaar te wees in hul beginstadium en disintegrasie is net weer moontlik deur middel van gewelddadige gebeure. Sulke gewelddadige disintegrasies vind slegs plaas deur middel van God se wil, wanneer die geestelike substansie so sag geword het dat dit nie meer die ondraaglike toestand van gebondenheid vereis nie. Dan sal God hul beperkinge losmaak, en die voorheen harde vorm sal disintegreer en hervorm in nuwe uiterlike vorme en dit is nie meer so `n pynlike toestand vir die geestelike substansie nie. Elke gewelddadige losmaking van `n voorheen vaste vorm, is `n daad van bevryding vir die gebonde gees daarin, terselfdertyd sal vorme wat meer volwasse geestelike substansie huisves, ook onderhewig wees aan verandering. Want die kragdadige disintegrasie van harde substansie, is `n proses wat deur alle geestelike wesens ver en wyd gevoel word. Dit is nie `n geleidelike verval nie, maar `n elementale uitbarsting van die geestelike substansie waaraan oombliklike vryheid deur God verleen word en wat dit gebruik om uit te bars uit dit wat hulle bind. Sulke uitbarstings behels groot veranderinge vir die skeppings wat geraak word deur die vernietiging.

Alle geestelike substansie, met inbegrip van dié wat reeds verder ontwikkel is, raak op hierdie manier ontslae van hul ou vorm, verenig met ander vrygestelde geestelike substansies en neem verblyf in `n nuwe uiterlike vorm, afhangende of hierdie geeste bereid is om in te pas met `n dienende taak. En deur middel van so `n gewelddadige disintegrasie, word die geestelike substans dus beweeg om weer `n dienende aktiwiteit uit te voer, wat `n verslapping van die vorige beperking vir die geestelike substansie beteken. Dit is waarom elke kragtige vernietiging bevryding behels, d.w.s. verdere ontwikkeling vir die geestelike substans in hierdie vorm gebind, en word daardeur met blydskap verwelkom. Dit is net `n droewige gebeurtenis vir die gees tydens die laaste stadium van ontwikkeling, want dit ontneem die gees van enige verdere vooruitsig van ontwikkeling op aarde en veroorsaak daarom vrees en angs as hy nie gebruik gemaak het van sy laaste woning in die vorm terwyl hy die geleentheid gehad het nie. Maar sulke uitbarstings is noodsaaklik ter wille van die onvolwasse geestelike substansie wat nie op enige ander wyse van haar vaste vorm vrygestel kan word nie. Want sodra sy besluit om van diens te wees, na `n oneindige lang tyd van weerstand teen God, sal die geleentheid om dit te doen ook deur God aan haar toegestaan word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205