BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 255

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Liefde is die sleutel tot waarheid

2218 Die aktiwiteit van liefde is die enigste oorsaak van insig en so is die werke van liefde die enigste weg tot waarheid. Dit is die eerste en allerbelangrikste ding wat die aardse kinders moet weet. Hulle sal nooit die waarheid op `n ander manier kan ontvang nie. As hulle kennis ontvang, terwyl hulle nie `n lewe in liefde leef nie, dan sal dit die werk van Satan wees, of as hulle die waarheid aangebied word, sal hulle dit nie as sodanig herken nie en hulle sal dit verwerp. Die suiwer waarheid sal inderdaad vir menige aangebied word, maar sal verwerp word, omdat die mense nie liefde het nie. Sulke mense klou hardnekkig vas aan valsheid en dit is onmoontlik om aan hulle te verduidelik dat hulle verkeerd is, dat hulle deur verkeerde onderrig op `n dwaalspoor gebring is. Liefde is die sleutel tot waarheid, daarsonder bly die toegang geblokkeer.

Waarheid is egter alles wat vanaf God kom. Die waarheid kan nie intellektueel nagegaan word nie, maar word van God deur die hart ontvang. Die mens kan sekerlik die waarheid verstandelik ontvang, maar hy sal altyd `n verlange na God ervaar. Hierdie verlange is egter liefde en hierdie liefde word lewend in dade van onselfsugtige naasteliefde. Slegs dit getuig van liefde tot God en dan sal die persoon korrek begin dink, naamlik dat die gedagtes wat hy ontvang, ooreen sal kom met die waarheid. Dit sal vanuit die hart ontspring, selfs al glo die persoon dat hy self `n intellektuele gevolgtrekking gemaak het. Maar die gedagtes van `n liefdelose persoon sal nooit aan die waarheid beantwoord nie, want die kragte wat die waarheid bestry, sal `n sterk invloed op die denke van sulke mense uitoefen, aangesien hulle deur hul gebrek aan liefde, hul harte vir sulke kragte geopen het, waardeur hulle toegang kry en hul mag gebruik om die denke van sulke mense te verwar.

God is waarheid, God is liefde, die een sonder die ander is ondenkbaar. Gevolglik kan daar slegs waarheid wees waar daar liefde is. Tallose foute het in die wêreld ingekom as gevolg van die harteloosheid van mense en die waarheid is verdring. Dit kan slegs opnuut versprei word onder die mensdom as hulle hulself verander in liefde en daarom moet liefde eers gekweek word, alvorens `n persoon insig kan verkry. Alle studies is nutteloos as `n persoon nie liefde het nie, want die kennis wat hy daardeur bereik, sal nie aan die waarheid beantwoord nie, of dit sal dooie kennis wees, insoverre dit nie die hoër ontwikkeling van die siel sal bevorder solank as wat dit nie die hart beïnvloed nie, solank as wat dit nie `n aktiwiteit van liefde veroorsaak nie. En dit is waarom alle geestelike kennis deur die riglyn van liefde beoordeel moet word. Dit moet vanuit `n helpende hart stroom en daardeur nuttige aktiwiteite onderrig, dan sal dit waarheid wees en God Self sal die bron van sulke kennis wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205