BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 256

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kerklike wêreldse mag - Opvolgers van Petrus

2221 Lees die Bybel en julle sal sien dat die gees van waarheid tersyde gedruk is op `n voor die hand liggende wyse. Die Woord van God word van julle weerhou, sodat julle wat die waarheid soek, dit nie sal sien nie. Die rekords word getrou onderhou, maar in hoeverre hierdie rekords met die leer van Christus ooreenstem, dit word nie ondersoek nie. En hoe dikwels is die goddelike Woord nie verander nie, hoe dikwels is die Woord van God verkeerd geïnterpreteer en hoe selde is beswaar gemaak teen die verkeerde interpretasie. Die misleiding van die mensdom kan nie genoeg benadruk word nie, want dit was tog die oorsaak van alle skeurings en godsdienstige konflikte gewees.

Toe Jesus op aarde geleef het, het Hy gepraat van die koninkryk van God, van `n koninkryk wat nie van hierdie wêreld is nie. Hy het nie gepraat van `n wêreldse mag nie, Hy het ook nie gepraat van `n kerklike mag of van `n organisasie nie. Hy het ook nie gepraat van manne wat in die plek van God moet heers oor Sy eie nie. Hy het slegs tot Sy dissipels gespeek: “Gaan en onderrig al die nasies”. Hy het hulle die opdrag gegee om die mense in Sy leer van liefde te onderrig en Hy het hulle Sy medewerking beloof as hulle in Sy Gees sou bly.

Want sodra hulle die liefde onderrig het, moes hulle ook self in liefde lewe, dus in die Heer Homself, wie Liefde is, en Hy sou dan Self by hulle wees. Want waar liefde regeer, is alle heersende beheer oorbodig, want waar liefde regeer dien die een persoon die ander en waar liefde regeer is gebooie oorbodig, behalwe die gebod van die liefde wat vir die mense gepredik moet word, omdat God dit Self gepredik het. Enigiets wat liefde onderrig, voldoen aan die goddelike wil, maar die toevoeging van verdere gebooie is nie in ooreenstemming met God se wil nie, want die basis van enige gebod is `n dominante mag.

Maar die mense moet as broeders met mekaar lewe, slegs onderdanig aan die Wil van God as hulle die koninkryk van God wil beërwe. Hulle mag hulleself egter volstrek nie teen die wêreldse mag versit, wat God ingestel het om orde te handhaaf en oortreders te tugtig nie. Maar tog is Sy koninkryk nie van hierdie wêreld nie.

Hy alleen is die Heer en Meester in Sy koninkryk en Hy het waarlik geeneen op aarde nodig om Hom te verteenwoordig sodat hulle mag oor ander mense kan uitoefen nie. Watter Woord van die Heer gedurende Sy lewe op aarde het so `n mag gespesifiseer?

Hy het `n lewe in liefde geleef. Hy het liefde gegee en liefde onderrig. Ware liefde skakel die wil om te heers uit. Die sterkere mag besluit nie om oor die swakkere te heers nie, selfs daar waar die onderhouding van die goddelike gebooie onderrig word, want wat onder dwang gedoen word, word nie baie hoog geag nie, ongeag hoe edel en goed dit is. Eers wanneer die vrye wil in die mens werksaam geword het, sal hierdie handelinge waarde voor God hê.

En so verlang God slegs na die mensdom se vrye wil. Maar nooit het die mense die reg op aarde verkry om hul eie gebooie by die goddelike gebooie te voeg nie. En nog baie minder mag die onderhouding van hierdie gebooie vir die mense as `n plig opgelê word, deur bedreiging van tydelike of ewige straf nie. Want dan sal `n gebod nagekom word om nie straf te ondergaan nie, waar andersins geen ag daaraan gegee sou word nie. Dus kan die onderhouding van sulke gebooie onmoontlik groot waarde vir God en vir ewigheid hê.

Toe die dissipels van Christus Sy opdrag uitgevoer het en die evangelie uitgedra het oor die hele wêreld, was die werksaamheid van God duidelik sigbaar, want hulle het siekes in Jesus se Naam genees, hulle het bose geeste uitgedryf en wonderwerke gedoen. Want God se Gees was met hulle en in hulle. Alles wat hulle volbring het, was die werk van God se Gees. Hulle het die leer van Christus verkondig, die goddelike leer van liefde en het terselfdertyd liefde uitgeleef teenoor hulle naastes. Hulle het dus die begeerte tot oorheersing heeltemal elimineer, want hulle was soos broeders onder mekaar en die een het die ander in liefde gedien.

Dit was die taak wat Jesus Christus Sy dissipels opgedra het vir hul toekomstige werksaamhede. Hy het nie één van Sy apostels aangestel as opperhoof of as leier, aan wie die ander onderdanig moes wees nie, maar wat later ontstaan het en wat heeltemal afgewyk het van dit wat die Heer Self voorgestaan het. `n Kerklik-wêreldse mag is in die lewe geroep wat elke gebod van die liefde so gestruktueer het, dat dit nie meer ooreengekom het met dit wat Jesus die mense Self geleer het nie. Alhoewel die dien in liefde wel nog verlang was, was dit nie meer self deur hulle beoefen nie. En dit was van diepgaande betekenis, want daar het weer dieselfde ontstaan waarteen Jesus gespreek het tydens Sy lewe op aarde, naamlik dat die mense verplig geword het om te doen wat hulle vrywillig moes doen. En manne van aansien, rang en waardigheid is betitel as opvolgers van die apostels, wie tog hul amp in die grootste armoede beklee het. So ontstaan `n organisatoriese bouwerk, met `n enorme ontplooiing van prag as die alleen saligmakende kerk, wat Jesus Christus sou ingestel het met die woorde: “Jy is Petrus, die rots.”

Hierdie woorde was dus deur mense geïnterpreteer wat na mag gestreef het, maar in geen geval het hierdie woorde die betekenis dat Petrus die stigter van `n kerklike mag sou wees en dat die maghebbers van hierdie kerk die opvolgers van die apostels is nie, hierdie einste apostels wie sonder rang en waardigheid slegs die evangelie, die goddelike liefdesleer aan die wêreld verkondig het. Petrus was die mees toegewyde van hulle en Jesus het sy sterk geloof bekragtig met hierdie woorde: “Jy is Petrus, die rots, op hierdie rots wil Ek My kerk bou”. Jesus noem die gemeenskap van gelowiges Sy kerk, want hulle wat die koninkryk van God wil hê, moet so in die innigste geloof aaneensluit en Sy kerk vorm.

Dit is Sy Wil en met hierdie Wil het Hy die genoemde Woorde geuiter. Dit is egter nie Sy Wil dat hoë en hoogwaardigheidsbekleërs moet glo dat hulle die hoof van so `n gemeenskap is en ook hul mag uitoefen nie, sodat deur tallose gebruike en seremonies die eintlike kern onbelangrik geword het nie, sodat die goddelike leer van liefde onopgemerk gebly het deur suiwer uiterlikhede waaraan teveel waarde geheg word en sodoende word die eintlike sending van die apostels om die wêreld in te gaan om die evangelie te verkondig, nie langer meer herken nie.

Daar mag wel onder die maghebbers nog manne na God se hart wees en Hy sal ook waarlik nie Sy Gees en Sy Genade van hulle weerhou nie, maar hul wysheid sal dan nie die gevolg wees van hul posisie of hul hoë amp wat hulle beklee nie, maar vanuit hul ware lewenswandel voor God. Hulle is dan die ware opvolgers van Petrus, want hulle is sterk in geloof en vanuit die sterkte van geloof put hulle wysheid, want hulle is dan soos `n rots waaruit die lewende water stroom. Hulle sal dan ware verteenwoordigers van die kerk van Christus wees, wat `n gemeenskap van gelowiges is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205