BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Woorde van die Vader – Die Stem van God - Luister innerlik

2250 As jy My Stem wil hoor, dan is `n gedagte wat jy na My toe stuur in vurige verlange, voldoende. Ek is te alle tye bereid om in die Woord by jou te wees. Ek is geneig om sonder voorbehoud met jou te praat, want waar `n liefdevolle hart na My verlang, daar sal My Stem steeds klink en die mees kosbare gawe aanbied, naamlik die suiwer waarheid.

Ek het maar net een doel: Om jou na My toe te trek en om hierdie doel te bereik, het Ek alles laat ontstaan wat jou omgewe. As `n hart My self tegemoet kom, as sy in die diepste liefde begeer om naby My te wees, het Ek hierdie doel bereik, want die vurige verlange daarna is al `n verwesenliking. Ek laat niks val wat daarna streef om by My te wees nie.

En so moet julle weet dit julle My almal kan ken, as julle maar net ernstig wil. Julle moet weet dat Ek oral en te alle tye bereid is om met julle te praat, as julle liefde My soek. En julle sal waarlik voortdurend gevoed word met My Woord en nooit bang hoef te wees dat Ek julle hierdie gawe van genade sal ontneem nie, want My Liefde bly steeds dieselfde. My Liefde word nooit minder nie en My Liefde is onophoudelik bekommerd oor jou en wil jou gee wat jy nodig het om jou vir ewig met My te verenig.

My Liefde wil julle ook in staat stel om lief te hê. En daarvoor het julle My Woord nodig, wat julle uitsluitsel gee oor wat julle is en wat julle taak op aarde is. Julle het My Woord nodig, sodat julle liefde kan leer, sodat julle nader aan My kan kom, sodat julle kan word wat Ek is, sodat julle Liefde word. En dus onderrig Ek al my kinders en bring Ek Myself in die Woord nader aan hulle. En almal mag My hoor. Maar dan moet hulle ook luister na die Stem in hul hart. Hulle moet hul in stilte terugtrek in hul kamertjie, dus moet hulle hulself vrymaak van die wêreld en haar verlokkinge en dan met My tweespraak hou. En as hulle nou opmerksaam en ingespanne na hul innerlike luister, sal hulle ook My Woord verneem. Des te inniger hulle met My verbind en des te meer hulle hul van die wêreld kan afsluit, des te helderder en duideliker sal hulle My Woord verneem.

Hulle moet My toegedaan wees en My onveranderlike trou belowe, dan sal die geestelike oor skerpgemaak word en dan sal hulle My Stem heel goed herken, want dit is Woorde van Liefde wat Ek spreek tot diegene wat hierdie Woorde begeer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205