BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die aan God gelyke wil van die volmaakte wese en werksaamheid – Skep en weer tot lewe bring

2259 Al die wesens wat hulself met God verenig het, het ook dieselfde wil as Hy. Die krag van God deurstroom hulle en dus sal nou verwesenlik word wat ooreenstem met die wil van God, want die volmaakte wese bring wel uit homself tot stand, maar in samewerking met God, deurdat hy hom van die krag bedien wat hom vanuit God toestroom. Die wese kan niks anders verwesenlik as dit wat God wil nie en hy sal ook geen ander wil hê nie, want sy wil het homself heeltemal by die goddelike wil aangepas, of ook: Sy wil het heeltemal opgegaan in die wil van God.

Hierdie ooreenstemming van denke en wil is onuitspreeklik saligmakend. Dit het sy beloning daarin dat niks vir die wese onmoontlik is wat hy dink en wil nie, en dat hy nou deur die krag van God kan skep en vorm na eie goeddunke, sonder om ooit teen die goddelike wil te handel, terwyl die wil van die wese wat ver van God verwyder is, in eie reg optree en steeds dit sal wil en bedink wat teen die goddelike ordening gerig is. Maar die wese kan slegs volmaak wees, wanneer hy hom in volle harmonie met die goddelike ordening bevind. God het in Sy wysheid en volmaaktheid alles in die mees volmaakte ordening geskape en sal tot in alle ewigheid Sy skepping lei met Sy wil. Gevolglik sal elke wese wat volmaaktheid bereik het, ook die skepping verlewendig deur sy wil.

Daar sal dus steeds nuwe skeppings ontstaan deur die wil van die wesens, want God laat hierdie wesens tot Sy eie diepe vreugde skep en vorm binne Sy opdrag, in ooreenstemming met Sy plan en Wysheid. En dit is die oertoestand van die wese, waarin hy weer na `n ondenkbare lang tyd ingegaan het.

Die wese kom dus sy aanvanklike bestemming na, deurdat hy die oerkrag - die liefde - vorm laat aanneem volgens sy gedagtes en sy wil. En dit beteken vir die wese `n graad van geluksaligheid wat ondenkbaar is, maar wat ook vir al die wesens ten doel gestel is. En al gaan daar ook ewighede verby, die volmaakte sal onafgebroke saligmakende werksaamhede uitvoer en skep en vorm en so die heelal met steeds nuwe skeppings vul, wat weer ten doel het om die nog onvolmaakte wesens na volmaaktheid te lei.

Die taak van die wesens bestaan dus slegs uit die herlewe van die skepping, met as doel die volmaaktheid van die gees wat die skepping in haarself dra. En hierdie taak is die voorreg van die ligwesens wat hul in `n hoë graad van volmaaktheid bevind. Hulle het dus deur wedersydse eenwording ware groot kragsenders geword wat dus nou ook dienooreenkomstig kan werk. Ook sal hierdie talle wesens slegs een wil hê, omdat hulle, met die krag uit God, ook deur Sy wil deurstroom word, want die teken van hul gelykenis met God is dat hul denke enkel en alleen ingestel is op die verlossing van die nog onvolwasse wesens, omdat hierdie ligwesens met innige liefde vir die onverloste siele vervul is en hulle graag na God wil lei. Hulle poog dus ook dat hulle `n geluksalige toestand bereik. Dus moet hulle eers die denke van die wesens verander en ontvanklik maak vir lig en liefde. Dit is weer die werksaamheid van die ligwesens uit die hiernamaals, waar hulle `n taak vervul wat aan hulle opgedra is.

Die onderrigtende kragte is ook onafgebroke aan die werk, want hulle doel is buitengewoon moeilik en verg so nou en dan `n lang tyd voordat hulle sukses behaal. Ook hierdie ligwesens vervul maar net die wil van God, dus soos wat God se Wysheid die wesens geestelike voedsel wil laat toekom op aarde en in die hiernamaals, so deel die ligwesens dit uit. Want hulle het die hoogste insig en weet daarom ook in watter vorm en hoeveelheid die gawes van God aan die nog onvrye gees aangebied kan word en in watter toestand van volmaaktheid die ontvangende siele hulself bevind.

Elke taak van die ligwesens is slegs ingestel op die verlossing van die nog onvrye wesens, soos wat die wil van God ook onophoudelik die van Hom eens uitgegane krag weer tot Hom wil laat terugkeer, dus al die wesens wil terugwen wat hulle van Hom verwyder het. Alle aktiwiteit van die ligwesens het ten doel die uiteindelike vereniging van die nog van God geskeide wesens met God en hulle verkry daardeur die grootste saligheid deur die werksaamheid met God en vir God in ooreenstemming met sy wil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205