BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 264

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dien in liefde uit vrye wil

2267 Daar word `n voortdurende positiewe ontwikkeling gewaarborg, solank as wat die wesens nog in `n gebonde wil is, dus deur die gang van die skeppingswerke moet gaan. Want hulle dien, ofskoon hulle in `n sekere sin tot dienende werksaamheid gedwing word. Hulle is egter ook bereid om te dien, omdat hulle andersins nie hul werksaamheid toegewys sou gekry het nie. Die bereidwilligheid om te dien is die eerste voorwaarde vir volgehoue positiewe ontwikkeling.

In die stadium as mens word dit weer aan die wesens oorgelaat of hulle liefdevol werksaam sal wees of nie. Hulle siele is nou in die toestand om volmaak te word, sodat die grootste dwang, naamlik die gebonde wil, vervang kan word deur die vrye wil. Daarom word hulle nie meer gedwing om dienend besig te wees nie. Inteendeel, die siel moet uit vrye wil verrig wat dan weer haar positiewe ontwikkeling tot gevolg het. En so hou hierdie stadium ook `n seker gevaar vir die mens in, dus vir sy siel, indien hy faal, as hy dus nie sy vrye wil gebruik om liefdevol besig te wees nie.

Daarom het God die lewe van die mense op aarde so vorm gegee dat hulle mekaar nodig sal hê om hulle die geleentheid te gee om mekaar te dien. Dit word nie willekeurig so gereël nie en die verskillende lewensomstandighede het hul wyse doel. Dit moet die mens verlig wat dien. Hy word wel deur die omstandighede tot diening gedwing, maar kan homself tog ook nog verset, of die werk onwillig doen. Hy word dan egter deur God in ooreenstemming daarmee beoordeel, dit belemmer dus die volwassewording van die siel, want die dien in liefde lewer eers aan die siel die graad van volmaaktheid op en verlos haar vir goed van die gebonde toestand.

Die menslike lewe is skynbaar ook wel `n lewe onder dwang wat dit in die raamwerk van die natuurwette moet voltrek, sodat die mens baie dikwels die vryheid van sy wil in twyfel sal trek. En tog besit die mens baie vryheid. Want sy denke, handeling en wil staan hom vry. En so kan hy ook teen die goddelike ordening sondig, wanneer sy drang ongeremd is en hy homself aan die duistere mag oorgee.

Die innerlike stryd teen goed en kwaad is sonder beperking aan homself oorgelaat. En dit sal hom makliker of moeiliker geval, na gelang hy werksaam raak in die liefde, dus in liefde dien. Die vrywillige dien in liefde laat hom eers goed van die vryheid van sy wil bewus word. Want dan sien hy in dat hy op geen enkele wyse daartoe gedwing word nie en dat hy eerder die reg het op dieselfde wilsvryheid om teenoorgesteld te handel.

Alle liefdeloosheid versterk die wil om te heers, terwyl by elke handeling in liefde, die drang om te dien groter word in hom. En hierdie dien is `n saligmakende dien, wanneer dit in vrye wil en in liefde verrig word, terwyl `n dien onder dwang - d.w.s. teen sy wil - die mens tot las word en hom innerlik in opstand laat kom. Dan word die mens beheer deur die bose mag, wat hom wil verhinder om homself te verlos.

En daarom is die aardse lewe `n verantwoordelike lewe, omdat daar soveel geleenthede is om in dienende liefde werksaam te wees, sodat die siel haarself kan verlos as hierdie geleenthede in ooreenstemming daarmee gebruik word. En hierdie geleenthede sal toeneem, hoe minder die mense die sin van hulle bestaan insien en vervul, om in hulle die gevoel van liefde op te wek by die sien van die groot nood van hul medemens en sal hulle nou aanleiding gee om dienend werksaam te wees. Amen.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205