BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Hemelliggame – Natuurwette – Ondersoeke is tevergeefs

254 Dierbare kind, dit is `n oeroue wyse wet, dat in die heelal, sonder onderbreking, volgens die Wil van God, die hemelliggame hulle baan steeds op gelyke afstand van die son aflê, tot in ewigheid self in herhalende reëlmatigheid. Alles wat in die heelal geskape is, is afhanklik van die sonnestelsel. Geen enkele ster (planeet) kan bestaan sonder die ligkrag van die son nie, want elke hemelliggaam se bestemming is dat dit weer ontelbare lewende wesens tot verblyfplek dien, alhoewel die hoedanigheid van elkeen van `n ander aard is.

Sou julle dit wil deurgrond, dan sou julle met wette rekening moet hou wat tot nou toe vir julle volkome onbekend is. Die aarde is een, heeltemal van die res van die ruimte, – die ander hemelliggame – afgeslote ster (planeet) met eie, vir die aarde vasgestelde natuurwette en so kan julle slegs volgens hierdie natuurwette die hemelliggame, wat julle aan die uitspansel sien, vir julleself duidelik maak, maar daarmee kom julle nie nader aan die waarheid nie. Vir alle bewoners van die aarde, geld die wette van die aarde, wat egter afwyk van die wette van die ander hemelliggame, gevolglik sal dit nooit vir julle moontlik wees om denkbeelde en reëls hieroor op te stel nie, want julle beheer nie die wette van die heelal nie.

Dit is ongeveer dieselfde as wat julle aan die wesens in die diereryk verstaanbaar sou wil maak dat die denke van elke mens anders is, net soos wat elke gees sy lewe gestalte gee en hierdie lewens so volkome verskillend kan wees en die dier sou die geestelike atmosfeer nie kan begryp waarin die mens homself bevind nie, ofskoon hy, net soos die dier homself ook op aarde bevind. En so is ook elke hemelliggaam heeltemal verskillend van `n ander, hoewel hulle almal in `n heelal ronddraai en onder die leiding van `n Wil staan.

Sodoende bly die uiteindelike oplossing vir julle mense geslote, daarom is dit volkome sinloos, om wetenskaplike ondersoeke aan die gang te sit oor gebiede en vrae wat die mens nooit kan oplos nie, want selfs wanneer julle `n oplossing gevind het, wie kan bewys dat hierdie oplossing korrek is? Julle sal steeds maar net moet reken met die wette wat vir die aarde geld en julle oordeel fel, maar die heelal bevat sulke groot geheime, dat die ondersoek daarvan deur julle in die aardse lewe vergeefse moeite is.

Wie gee julle die sekerheid dat die skepping van God op alle hemelliggame op dieselfde manier voltrek is. Wie op aarde kan dink dat hy die sake kan deurgrond, waarvan die bewys nie in sy mag lê nie? So ver as wat `n hemelliggaam in die heelal van `n ander verwyderd is, so ongelyksoortig is die bestemming van elke hemelliggaam, ook vir die wesens wat daaraan toegewys is en die wette waaraan hierdie hemelliggame onderworpe is, is deur die Skepper van die heelal gegee volgens Sy goeddunke, maar vir die bewoners van die aarde, heeltemal onbegryplik en nie met die menslike verstand te verklaar nie .

Alle wesens moet die grootte van God aan Sy skeppingswerk sien en as die mens homself eenmaal oorgee aan `n sodanige beskouing, dat hy slegs by benadering op hoogte is van `n baie nietige deeltjie van die skepping en selfs van daardie deeltjie, die aarde, nie in staat is om haar in haar algehele gesteldheid grondig te ondersoek nie, dan moet hy tog iets vermoed van die oneindigheid van die heelal, van die nie te begrype grootte van die Skepper en dit moet vir hom duidelik word dat alles volgens `n wyse goddelike plan geskape is en die mens as `n deel van die skeppingswerk daarin geplaas is, met `n doel daarby waarvan die nakoming daarvan die doel van sy lewe op aarde moet wees. En om God van die heelal te wil dien, moet die resultaat wees van die nadenke van hulle wie die aarde en die hemelliggame wat haar omring, probeer ondersoek, want onuitspreeklik groot is die heelal en onbeduidend klein die mens. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205