BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 270

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Waarheid – Emosionele en intellektuele denke

2302 Elke mens beskou homself in `n toestand van selfverwesenliking wanneer hy `n opvatting voorstaan wat hy self intelektueel gevorm het. Tog sal hierdie opvatting nie altyd ooreenstem met die waarheid nie. God het die mens weliswaar `n verstand en `n vrye wil gegee, maar Hy het hom ook `n hart gegee.

Solank die intellek sonder die hart `n oplossing wil vind vir `n geestelike vraagstuk, sal hy nouliks naby die waarheid kom, want die waarheid gaan van God uit en kan slegs deur die gees ontvang word en nie deur die liggaam nie, wat immers nog materie is.

Intellektuele denke is slegs `n funksie van die liggaam, maar die hart is die setel van alle emosies, en die hart herberg ook die goddelike liefdesvonk in haarself en daarom die gees, wat deel is van God. `n Gedagte wat gebore word in die hart, wat dus afkomstig is van die goddelike geesvonk, sal altyd aanspraak hê om op die waarheid gebaseer te wees, want die gees dra slegs die suiwerste waarheid oor. Of die gedagte egter in die hart gebore is en of dit slegs `n produk van rasionele denke is, hang af van die hart se vermoë om lief te hê.

Hoe inniger `n mens kan liefhê, dus hoe meer hy al streef vir eenheid met God deur werksame liefde, des te helderder sal die gedagtes vanuit sy hart opstyg en die persoon se bewussyn binnegaan. Want hierdie gedagtes is geestelike krag wat voortvloei vanuit wesens wat met God verbind is en dan oorvloei na die hart van diegene wat, net soos hy, met God verenig is deur sy aktiwiteit van liefde.

Daarenteen is die intellektuele denke slegs die funksie van liggaamlike organe, dus die gebruik van die mens se ontvange lewensenergie, wat ook deur die mens benut kan word wat sonder liefde bestaan, dus wie maar min vermoë het tot liefde. Intellektuele en emosionele denke moet dus geskei word.

Laasgenoemde sal altyd by die waarheid uitkom, terwyl die intellektuele denke nie altyd waar hoef te wees nie, selfs wanneer daar gepraat kan word van `n goed ontwikkelde redenasievermoë.

Slegs liefde is beslissend, dus die bepalende faktor vir die waarheid. Die mens het min inligting oor die wese van gedagtes en daarom is die onderskeid nie vir hom duidelik nie. Die gedagtes wat in die hart gebore is, het slegs een ding in gemeen met geestelike kennis verkry deur die intellek, naamlik dat beide die brein moet bereik om die mens se bewussyn binne te dring en dit maak dat die mens aanneem dat elke gedagte sy oorsprong in die brein het, dus intellektueel verkry is.

Nietemin moet verstandelike kennis van `n liefdevolle mens, dus `n mens wie se lewe `n voortdurend werksaamheid in liefde is, heeltemal anders geoordeel word as die suiwer intellektuele denke van iemand wat `n klein kapasiteit het om lief te hê. Eersgenoemde sal naby aan die waarheid kom, terwyl laasgenoemde geen enkele waarborg kan bied vir waarheid en kennis nie, want God reserveer die waarheid vir Homself en deel dit slegs uit aan hulle wie Hom erken, Hom begeer en dit deur werke van liefde bewys.

Gevolglik sal dit wat vanuit `n liefdevolle hart voortvloei, sonder om te huiwer as waarheid aanvaar kan word, want sulke gedagtes is aan `n sekere kontrole onderworpe deur ingeligte geestelike wesens wie se verantwoordelikheid die oordra van gedagtes is en wie dus nougeset waak dat die persoon korrek sal dink. Want deur sy werke van liefde verwerf die mens vir hom die reg en die aanspraak op die bystand van die ligwesens, wie die mens nou teen gedagtes bewaar wat in stryd is met die waarheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205