BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 280

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Jesus Christus was gewy aan God, liggaam en siel

2345 Jesus Christus se liggaam het nie meer sy siel teengestaan nie; dit het niks vir homself geëis as dit wat die siel wou hê nie, wat heeltemal een geword het met die gees. Dit was die toestand van Jesus, die mens, toe Hy sy daad vervul het. Dit was `n toestand van uiterste toewyding aan God en die totale afstanddoening van alles wat aan die wêreld behoort. Sy liggaam, wat heeltemal vergeestelik was, was heeltemal onafhanklik van die wêreld en sy wette, dit wil sê die geestelike substansies van sy menslike liggaam het saamgesmelt met dié van die siel en hulself effektief ondergeskik gestel aan die gees se wil, wat baie nou verenig was met die Vader-Gees, en so het die aardse liggaam saam met die siel een geword met die ewige Godheid. Hierdie samesmelting was so buitengewoon belangrik en behels sulke verreikende gevolge wat die siel nie in staat is om te begryp so lank as wat sy nie self die eenwording met God gevind het nie.

Dit was `n daad van geweldige selfverloëning, die allergrootste liefde en oneindige toewyding aan God. Die siel van Jesus, die mens, het gelyktydig sy uiterlike omhulsel, die liggaam, in die sfeer van God se uitstraling van liefde getrek, en beide sy siel en sy liggaam was deurdring deur God se Gees van Liefde, deur Sy krag en Sy lig. Jesus, die mens, was vol krag en lig. Hy was magtig en wys, en elke skepsel het Hom gehoorsaam, die hele Skepping was aan Hom onderdanig, want God was in Hom in alle volheid, aangesien nie die siel of die liggaam Hom meer weerstand gebied het nie, en hierdie oneindige toewyding het ook gelei tot God se grenslose werke.

Nou was dit God Self wat Homself geopenbaar het in alles wat Jesus gedoen en gesê het. God se liefde neem besit van alles wat hulself aan Hom oorhandig, dit deurdring elke skepping so gou as wat sy inherente gees geen weerstand bied teen die goddelike liefde nie. Waar hierdie weerstand ookal verwyder word, kan slegs die liefde van God wees, dus omdat God liefde is, kan God slegs daar wees waar Hy geen opposisie vind wat hul teen Hom verset nie. Alles van God is goddelik, so lank as wat dit geen weerstand bied nie. Slegs weerstand verander God se skepping in iets buite Hom totdat dit sy weerstand uit eie beweging los.

Jesus, die mens, was geheel en al gewy aan God en dus nie meer buite God nie, maar ineengesmelt met Hom, dus Een met God en dus heeltemal van gedaante verander, want die eenheid met God is `n toestand van helder lig. En toe Jesus Christus van hierdie wêreld heengegaan het, het Hy sy liggaam saam met sy siel in die ewigheid ingeneem, want niks in Hom het verdere ontwikkeling nodig gehad nie, beide liggaam en siel was volmaak; elke geestelike substansie was so geneig tot God dat dit deurtrek was deur God se lig en liefde, dat dit soos God was, want dit het heeltemal verenig met die ewige Godheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205