BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 281

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Sterwensuur - Lyding en smart

2348 Die losraak van die siel van die liggaam is `n ontwikkelingsgang wat meestal baie pynlik deur die liggaam ondervind word, omdat, vir `n skeiding sonder smart en pyn, `n bepaalde graad van volwassenheid vereis word, wat egter selde deur mense bereik word. Steeds sal die sterwensuur die nog onvolmaakte mens laat besef dat hy versuim het om na so `n volmaaktheid te strewe, en dat hy dit nou nie meer uit eie krag kan vermag wanneer hy die menslike omhulsel verlaat nie. En na gelang van die toestand van sy siel, sal die sterwensuur vir hom minder of meer moeilik wees.

Solank julle nog op aarde vertoef, word julle die moontlikheid gegee om julle te reinig van afvalsubstansies en die siel sal haar Skepper in die hiernamaals dank as Hy die siel daarvoor geleentheid gee vóór haar dood, omdat sy dan nie so in die hiernamaals hoef te ly nie. Omdat God regverdig is, moet die siel in die hiernamaals haar lot opneem en het sy baie groter lyding nodig om die graad van volmaaktheid te bereik. Sonder hierdie volmaaktheid is die ingaan in die ligsfeer egter nie moontlik nie. Sodoende moet lyding en pyn hierdie volmaaktheid vir die siel bring en sodoende moet `n langdurige sterfbed altyd as `n opwaartse weg gesien word.

Julle sien slegs die pynlike toestand van die lyding en dit dra daartoe by dat julle die dood vrees, omdat die doodsuur vir julle ondraaglik lyk. En tog is dit `n gevolg van die oorgrote liefde vir die mens, om hom `n des te helderder lig te laat toekom in die hiernamaals.

En hierdie liefde is die fondament van alles. God stuur slegs lyding en smart op aarde met die doel dat die liggaamlike verlange van die mens gedood moet word, dat hy meer aan sy siel sal dink en haar probeer omvorm tot volmaaktheid. Elke smart wat hierin sukses behaal, is deur God geseën. Die tyd op aarde gaan snel verby en kan met `n goeie wil deurloop word, deur afstand te doen van al die aardse genietinge. Dan omvorm die siel haarself volgens God se wil en het aan die einde van haar lewenswandel geen buitengewone lyding meer nodig om die koninkryk van lig in te gaan nie.

Die smart dra egter by tot `n verhoogde volwassenheid en is daarom `n seëning vir die mens, wat andersins sy foute en swakhede in die hiernamaals sou moes aflê, wat egter uiters smartlik is, dus kan die smart julle volstrek nie gespaar word nie, al gaan die uur van die dood skynbaar stil en sonder smart verby. God ken die toestand van elke siel van die mens en Hy weet ook van sy gewilligheid om die onreine te bestry en so kom Hy die mens tegemoet, deurdat Hy hom geleentheid gee om sy voorneme uit te oefen, deurdat Hy die sterwensuur as `n laaste moontlikheid vir hom laat om hom te reinig van alle afvalsubstansies, sodat hy gesuiwer en ontsondig die ewigheid kan ingaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205