BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 283

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geestelike wedergeboorte

2360 Die keerpunt in die lewe is die wedergeboorte van die gees, dit is die oomblik wanneer julle bewusword van die geestelike krag wat na julle vloei deur My Liefde. So gou as wat julle julleself onlosmaaklik verenig voel met My, so gou as wat julle bewusraak van die feit dat julle nie sonder My kan bestaan nie, so gou as wat julle My teenwoordigheid kan voel, en hierdie bewussyn julle hele lewe bepaal, die geesvonk in jou na sy Vader-Gees streef en julle ontwaak het tot die die werklike lewe, is julle in die gees wedergebore. En van nou af sal julle bewustelik strewe na My, julle bedoelings en gedagtes sal na My neig, julle dade sal ooreenstem met My wil. En Ek sal besitneem van julle en julle optrek na My toe. Ek sal nie meer toelaat dat julle iewers op julle eie heengaan nie, Ek sal saam met julle gaan waar julle ookal gaan. Ek sal by julle wees en aandag gee aan elke gedagte aan My. Ek sal elke vraag van julle harte hoor, elke oproep om hulp, elke sug na My Liefde en Ek sal julle help, selfs al voel julle dit nie onmiddellik nie. My Liefde vir julle is onbeperk en My sorg nimmereindigend, en so sal Ek nie enigeen van My lewende skeppings sonder hulp laat nie. En Ek sorg veral vir My kinders, want hulle is My Kinders wat My gevind het en wat uit eie beweging op My vertrou. Hulle het al My Liefde. Geestelike wedergeboorte is soos die opkomende son: Dit verskyn toenemend helderder stralend in die uitspansel, totdat dit in die lug in volle glorie is en My skeppingswerke deurdring met lig en warmte, en lewe gee aan nuwe skeppings en hulle aan die lewe hou. Stilstand bestaan nie meer vir `n geestelik wedergebore persoon nie. Hy sal steeds helderder skyn, omdat hy deurdring is met My Liefdeskrag, met My gees. En so kry hy steeds meer lig en krag en verlig ook alles in sy omgewing.

Geestelike wedergeboorte is die ontwaking tot die ewige lewe, en die geestelike wedergebore persoon sal ook in staat wees om die lewelose wakker te maak om te lewe, want waar sy lig ookal skyn, dring dit die duisternis binne met sy helder glans, en waar daar lig is, is daar lewe en waar daar lig is, is Ekself teenwoordig, en Ek gee lewe aan almal wat dit begeer, wat dit bewustelik van My af wil hê, wat ook met verlange na My toe kom, dus, wie My erken. Ek gee julle My woord en daardeur die sigbare teken van My Liefde, Ek gee julle krag, wat manifesteer in verhoogde verlange na My, want hierdie verlange is die teken dat My Vader-Gees die geesvonk in julle na Homself trek, daarom sal julle gelukkig wees wanneer julle na My smag, want My Gees streef op dieselfde manier na julle. En julle harte kan My nie weer laat gaan nie, want Ek laat dit nie toe wanneer hulle hul aan My gegee het nie.

Ek is die Gees van die Waarheid, Ek is Lewe, Ek is Liefde en die Primêre Oorsprong van alles wat bestaan. Wie Ek My Liefde gee, sal bestaan van ewigheid tot ewigheid, Hy sal leef en die volle waarheid ken, daar sal geen misleiding en illusie wees waar hy is nie, hy sal wees wat Ek is. `n Gees, vol van mag en krag vanuit My. Hy sal liefde uitstraal en ongelooflik gelukkig wees om in staat te wees om weer My Gees oor te dra aan die lewende skeppings en om in staat te wees om tot lewe te bring wat eens leweloos was. Hy sal na My aard in alles, want My gees deurdring hom en hy kan dus nie anders wees as Ek nie, `n wese vol van Liefde, Krag, Wysheid en Mag. En so sal julle die geluksaligste wesens in die ewigheid wees, verenig met mekaar en sal altyd naby aan My wees. En julle sal ontvang wat julle begeer, want julle sal altyd net My Liefde begeer, en Sy sal julle voortdurend deurdring, sodat julle kan werk vir julle eie oneindige geluk in My ryk, wat almal wat met My verenig is, in tyd en ewigheid kan deel. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205