BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 286

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Einde van die tyd van genade - swaarste leed

2369 Die tyd van genade sal spoedig verby wees, maar die denke van die mens sal nie verander nie. Die mens sal steeds liefdeloser word en steeds dieper in die vangnette van die satan verstrik raak, sodat hulle mekaar wedersyds sal kwel en sonder enige liefde sal wees. En God sal elke middel aanwend om hulle uit die lae geestelike vlak te trek. Hy sal hulle van hul aardse goedere ontneem om hulle los te maak van die materie en Hy sal poog om hulle tot nadenke te bring deur allerlei soorte teëspoed. Hy sal hulle in situasies bring waarin hulle na hulp sal soek en hulself na Hom toe wend, maar elke middel sal misluk en die geestelike toestand sal nie verbeter nie.

En dit sal nie meer lank wees voordat God se tugroede die mens gaan tref nie, want die tyd van genade gaan sy einde tegemoet. En daarom sal die aarde nog bitterlike swaar leed moet verdra, want die leed is genade, sodat dit nie by die mens verbygaan sonder om spore na te laat en redding vir die siel te bring nie.

Maar die wil van die mens kan nie gedwing word nie. En as die leed hom nie die regte pad laat vind nie, is daar geen redding meer vir hom nie, en behoort hy by diegene wat op die dag van oordeel die mag van God sal voel en dus ongeskik bevind sal word. En wat die oordeel beteken, kan die mens nie begryp nie. Hulle kan hul dit nie voorstel dat hul siele weer deur duisende eeue heen `n toestand in ongekende kwelling sal moet verduur nie. Maar God wat daarvan op hoogte is, laat niks onbeproef om hulle hierdie lot te spaar nie. Hy kan egter nie die wil van die mens met geweld op die goeie rig nie.

Maar die komende nood sal so groot wees, dat dit in elke mens die natuurlike gevoel sal wek om sy medemens te help, dit wil sê, as hy hom nie heeltemal van alle liefde gestroop het nie. As hy nog tot liefde in staat is, al is dit in die geringste mate, dan sal hy by die aanskoue van hierdie nood ontwaak in liefdevolle werksaamheid. Maar in die een waarby hierdie nood sal verbygaan sonder `n bereidheid om te help, sal die liefdesvonk gedoof wees en die moontlikheid van `n vooruitgang sal nie meer vir hom daar wees nie. Hy sal so ver van God af staan, dat hy buite die uitstraling van God se Liefde staan, wat dus dieselfde beteken as dat die geestelike substansie weer verhard geword het tot die mees vaste materie.

En dan sal die aardse bestaan weer in die grootste kwelling begin van om gebonde te wees. Wanneer die onuitspreeklike lyding oor die aarde kom, dan is dit nog `n daad van barmhartigheid van God, omdat Hy graag die siele die onvoorstelbare leed van `n herhaalde weg oor die aarde sal wil bespaar. Maar dit sal nie as sodanig herken word nie. Veel meer sal die leed `n aanleiding wees om God nog sterker af te wys, omdat die mens nie die geestelike samehang in hul blindheid kan insien nie. Maar daaroor sal voldoende opheldering gegee word, daarom wek God profete op en laat hulle alles vooraf aankondig. Hy sal hierdie tyd nie sonder aanwysings laat naderkom nie.

Hy laat die mense voortdurend vermanings toekom wat hulle oor die sin en die doel van die aardse lewe in kennis kan stel. Maar hulle sluit hul ore en sal die goddelike genadegawe sonder nadenke afwys en daarom sal daar vir hierdie mense geen redding meer wees nie, geen pad wat hulle van die afgrond kan weghou as hulle aan hierdie laaste vermanings en waarskuwings geen gehoor sal gee nie.

Hulle kan maar net opmerksaam gemaak word, naamlik dat die lae geestelike vlak die oorsaak sal wees van die komende leed en dat dit eers opgehef moet word, alvorens daar van God se kant af paal en perk aan die leed gestel kan word.

Wie aan hierdie vermanings en waarskuwings dink wanneer die laaste tyd van genade aanbreek, die tyd van die pynlikste lewe op aarde, wat deur die aanroep tot God nog op die laaste oomblik die ergste van hom sal kan afwend, hy sal nie by diegene wees wat gedoem is om ewighede lank die toestand van algehele hulpeloosheid en onvoorstelbare kwellinge te verdra nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205