BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 288

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die wysheid van die wyses sal vernietig word

2375 Die wapen van die wêreldse geleerde is die aanbied van getuienis en gewapen hiermee, sal hy steeds in staat wees om homself in die wêreld te handhaaf, dit is dat sy wysheid onaantasbaar sal wees, sodra hy die verworwe kennis met bewyse kan staaf. En wie twyfel aan hierdie kennis is dwaas. Daarenteen is geestelike kennis nie met bewyse aan te toon nie, dit is nie deur middel van ondersoeke te verkry nie en kan nie sistematies aan die medemens oorgedra word nie, want geestelike kennis is geen produk van die intellektuele denke van die mens nie, maar is slegs `n produk van `n liefdevolle hart. Geestelike kennis het dus niks in gemeen met aardse wysheid nie en kan derhalwe ook nie deur die wêreldse wyses beoordeel word nie, want geestelike kennis is heeltemal vreemd vir hulle en hulle is nie bekwaam om enige kritiek te lewer nie, alvorens hulle nie self, deur met hul hele hart aktief werksaam te raak in die liefde, in die kring van die kundige mense opgeneem word nie. En so sal die wyses van die wêreld nie hulle wysheid kan gebruik om bewyse te lewer om geestelike waarhede te weerlê nie, want hulle sal tekortskiet, hulle sal moet toegee dat hul wêreldse kennis nie toereikend is om die geestelike gebied binne te dring nie.

Maar die geestelike kennis wat verkry is deur werksaamheid in die liefde, sal aardse wysheid omverwerp, sodra hierdie wysheid betrekking het op gebiede wat buite die aardse lê. Geestelike kennis sal ander resultate oplewer as dit wat deur wêreldse wyses verwerf is, dus sal die geestelike ingeligte persoon ook elke bewysvoering vermy en die voorlegging van sodanige bewyse as onbetroubaar beskou en hy sal ook die verstandelike denke van hierdie mense as onbetroubaar beskou en daarom sal mense wat in die geestelike kennis deurgedring het, nie die wêreldse kennis baie hoog ag nie, want hulle sal insien dat dit onvolmaak en gebrekkig is, omdat dit nie in die minste bygedra het om die mense tot insig te lei nie, want goddelike wysheid kan nooit daardeur verkry kan word nie.

Maar desondanks die voorlegging van bewyse, sal die wysheid van die wêreldse wyses verkeerd bewys word. Want mense wat nooit op die goddelike Gees ag geslaan het nie, wie se gedagtes dus nooit gerig was na die geestelike nie, sal dus nou moet insien dat mense sonder wêreldse opleiding, in kennis hulle meerdere is en hulle sal dus ook hierdie waarheid moet erken wat hulle ondersoeke teenspreek, sowel as die gevolglike resultate.

Hulle sal moet insien dat intellektuele aktiwiteit alleen geen waarborg is vir die korrekte wysheid nie. “Ek sal die wysheid van die wyses vernietig en die verstand van die verstandiges tot niet maak”. En dit is in ooreenstemming met die wêreldse ondersoeker se geestelike houding teenoor God, aangesien geen mens die waarheid kan weet sonder geestelike verligting nie, en sonder die erkenning en die strewe na God, kan die mens nie verlig word nie, aangesien laasgenoemde `n toestroming van Krag vanuit God is, wat slegs kan plaasvind deur opnamehouers wat oop is vir hierdie toestroming, andersins kan die krag geen houer vind nie.

Alle geestelike voortbrengsels waarvoor die geestelike Krag uit God nie versoek was of benut was nie, is waardeloos en dit sal steeds oor en oor vervang of verwerp word, want intellektuele denke staan nie stil by een resultaat nie, omdat dit nooit volledig oortuig is van die waarheid daarvan nie. Daarenteen sal geestelike resultate wat met die medewerking van die goddelike Gees ontstaan het, ook vir altyd en ewig onveranderlik bly, omdat dit beantwoord aan die waarheid en sal dan ook as sodanig ingesien word deur mense wat ernstig worstel om die waarheid. `n Intellektuele mens sal ver wegbly van die waarheid, want hy begeer dit nie en as dit dan vir hom aangebied word, herken hy dit nie en dus sal hy nóg wys nóg lief vir die waarheid word. Dus sal ook sy wapen, naamlik die bewysvoering, uit sy hande geneem word, want sy bewysvoering kan nie bestaan teenoor geestelike resultate nie, wat `n regstreekse uitstraling van God is, aangesien sy opponente veg met `n wapen wat hy nie besit nie.

Dit wat deur die werksaamheid van die Gees aangekondig is, sal sigbaar manifesteer en daardeur die bewys lewer dat die waarheid slegs bestaan waar daar na die Gees van God verlang word en dat die waarheid die kennis van die wêreldse wyses by verre oortref, sodat die mense kan insien dat wysheid nie afhanklik is van die menslike intellek nie, maar slegs afhang van die korrekte houding teenoor God en `n ooreenstemmende lewenswandel. Want slegs dan sal die Krag vanuit God, Sy Gees, begeer word en in staat wees om in werking te tree. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205