BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 291

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Onfeilbaarheid van die hoof van die kerk (b)

2383(b) Mense se verpligting om die leer van die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk te glo, beteken dat elke bykomende onderrig of reël wat deur die hoof van die kerk opgestel word, sonder kritiek goedgekeur en aanvaar moet word, en dus is die mens se denke en keuse uitgeskakel, selfs al is dit onontbeerlik indien die mens eendag rekenskap van sy verhouding tot God moet gee. Elke persoon moet vir homself verantwoord, gevolglik moet hy sy eie besluit neem met volle vryheid van wil. Maar ten einde `n besluit te neem, moet hy in staat wees om te ondersoek en te oorweeg waaroor hy moet besluit. Dit behoort nie die geval te wees dat `n individu besluit en hierdie persoon dan eis dat derduisende mense sy besluit volg nie, gevolglik word hierdie besluit in die vorm van `n gebod gegee (`n leerstelling), wat ongetwyfeld tot gevolg sal hê dat elke kerklike gebod erken moet word as in ooreenstemming met God se wil, omdat sy fondament die (beweerde) onfeilbaarheid van die hoof van die kerk is. Hierdie leerstellings word dus nou onvoorwaardelik aanvaar sonder dat die mens helderheid oor die betekenis en doel gekry het, en wat roetine-aksies word wat onverwant is aan `n vrye besluit en diepe geloof en `n diepe gevoel van nabyheid aan God.

`n Kerkdiens het ontwikkel wat in werklikheid geen diens aan God is nie. Gewoontes is ingestel wat maar net formaliteite is. Die teenstander se optrede het geslaag om mense te vervreem van die waarheid onder die dekmantel van vroomheid, om hulle te stop om hul eie gedagtes die gebruik en dus `n vrye besluit te neem, aangesien dit alles deur God se teenstander onderdruk word, te danke aan die dogma van onfeilbaarheid. Want sodra hierdie leer geloofwaardig gemaak word aan `n persoon, sal hy nie meer nodig hê om `n mening daaroor te vorm nie. Hy aanvaar dus sonder ondersoek en hoef nie `n besluit te neem nie, omdat iemand anders reeds `n besluit namens hom geneem het en die vrye wil was nie gebruik nie. In stede daarvan moet die persoon die godsdienstige dogma glo wat aan hom gegee word, as as hy nie in konflik wil kom met die besondere godsdienstige dogma, wat die kerk as baie belangrik ag te wees nie, omdat die hoof van die kerk nooit kan dwaal of verkeerde maatreëls kan instel wanneer hy `n besluit rakende die kerk maak nie.

God waardeer net vrye besluitneming, maar dit moet deur die persoon self gemaak word en dus moet die voor-en nadele van godsdienstige dogma deur hom oorweeg word. Slegs dit wat hy in sy hart kan bevestig, kan geloof genoem word, en nie wat hy gedwing word om te bevestig nie. Omdat godsdienstige dogma deur God bedoel teen elke toetsing sal staan, sal dit selfs meer oortuigend aanvaar word, hoe meer die mens daarin delf. Maar iets wat nie uit God is nie, sal nie teen `n ondersoek kan staan nie en sal verwerp word deur elke persoon wat ernstig na kennis soek. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205