BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 299

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Stryd van die wêreld teen die leer van die liefde

2445 Die gedrag van die mensdom stem nie ooreen met die leer van Jesus nie, want dit vereis werke van liefde, om vir mekaar te lewe en dit verg `n verhouding van mense met mekaar soos die van broer teenoor broer. Die huidige mensdom staan egter slegs vyandig teenoor mekaar, van buite lyk dit of hulle mekaar bystaan, maar in hulle harte is hulle steeds maar net bedag op eie voordeel; en die medemens beskou almal as sy teenstander, omdat hyself deur hom geskaad of benadeel voel.

Die mensdom is heeltemal gespeen van liefde en daarom keer hulle hulself teen die Christendom, teen die goddelike leer van die liefde, wat hulle nie meer in ag wil neem nie. Want om die liefde te beoefen, beteken vir die mense selfoorwinning, dit beteken afstanddoen van die materie, `n laaste stel van eie wense en begeertes, `n opoffering van dit wat `n mens liefhet. Die eieliefde moet bestry word, die mens moet homself opvoed tot beskeidenheid om sy medemens daardeur behulpsaam te wees, sodat hy aan hom sal gee waarvan hy afstand doen. Dit is `n offer wat slegs uit die liefde gebring kan word en daarom moet die liefde beoefen word.

Maar slegs selde bring `n mens nog `n offer vir sy medemens, elkeen dink maar net aan homself en daarom vind hy die leer van Jesus lastig en is hy daarmee eens met die voornemens van die mense om dit uit te roei. Waar liefdeloosheid heers, sal die stryd teen die goddelike leer van die liefde sonder bedenkinge gevoer word.

En die liefdeloosheid is oor die hele wêreld versprei, die mense oortref mekaar in wreedheid wat hulle hul medemens aandoen en dus is die hele wêreld skuldig aan die groot wêreldgebeure, wat maar net deur die liefdeloosheid van die mensdom begin is en wat steeds groter liefdeloosheid tot gevolg het en daarom die werk van die hel is en moet as die werksaamhede van demoniese kragte aangedui word, want die mens besef nie die lae geestelike vlak waarin hulle hulself bevind nie. Hulle kyk maar net na die suiwer uiterlike uitwerking van die wêreldgebeure, egter nie na hulle eie geestestoestand nie, want deur hulle groot liefdeloosheid het hulle ook vir hulle medemens aanleiding gegee tot liefdelose handeling.

En solank hierdie wantoestand nie besef word nie, kan dit ook nie opgehef word nie; solank as wat die mens nie die liefdeloosheid as die grootste boosheid insien nie, sal hy homself ook nie inspan om binne die liefde te lewe nie, d.w.s. om nie sulke boosheid aan sy medemens te doen nie. En dus sal hy ook nie die leer van Jesus goedkeur nie, hy sal afwysend daarteenoor staan, omdat die naleef daarvan geen voordeel, aards gesien, vir hom kan oplewer nie. Maar sy handeling sal ook dienooreenkomstig wees, weer sal die liefde verdring word en die gevolg daarvan sal slegs weer groter liefdeloosheid bring. Die een mens sal die vernietiging van die ander een nastreef, hy sal geen remming ken nie, hy sal nie meer in staat wees om reg van onreg te onderskei nie en daarom homself in hardheid en wreedheid oortref en alle liefde sal verkoel en die geestelike dieptepunt sal tot die uiterste toe daal. En `n wêreld sonder liefde kan nie bestaan nie, daarom is hy oorgelewer aan sy ondergang en saam met hom alles wat nie poog om hulself deur die liefde te verlos nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205