BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 300

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Aktiwiteit in die binneste van die aarde - uitbarstings

2448 Met verloop van tyd het daar `n verandering in die aarde plaasgevind, beide in haar binneste asook op haar oppervlak. En dit is die gevolg van die ewige omwentelinge om haarself. Daardeur het verplasings ontstaan. Daar het stygings en insinkings ontstaan, wat ook nog van plek verander het, d.w.s. plaaslike verskuiwings. Dus bly die aarde se uiterlike vorm nie onveranderd nie, inteendeel, sy het die mees uiteenlopernde veranderinge deurgemaak, ofskoon haar hoedanigheid dieselfde gebly het.

Daarenteen is die binneste van die aarde onophoudelik werksaam en veroorsaak ook van binne-af veranderinge aan die aardoppervlak. Dit word bevestig deur die plantegroei, wat deur duisende jare heen verander het en ook nooit meer dieselfde sal bly nie, ofskoon hierdie veranderinge nie binne `n kort tydjie plaasgevind het nie en daarom nie deur die mense, tydens hul lewe op aarde, waargeneem kan word nie. Hierdie veranderinge gebeur gewoonlik baie stadig en is byna nie vir die oog sigbaar nie en het daarom `n baie lang tyd nodig.

Maar soms is die aktiwiteit in die binneste van die aarde ongeremd en dan word skielike omvormings sigbaar, wat groot verwoestings op die aardoppervlak teweegbring en wat vir die mense ontsteltenis en verbasing beteken. Dan los die tot nou toe vaste vorm op. Dit kan nie standhou teen die ongebreidelde aktiwiteit van die elemente in die binneste van die aarde nie en word daardeur met ontsaglike geweld uit die binneste van die aarde na die oppervlak gedryf, waar dit nou uiteenval en in `n nuwe omgewing by die beskikbare aardmassa of natuurskeppinge probeer aanpas. Sulke onweerstaanbare uitbarstings het begryplikerwys `n algehele verandering tot gevolg, ook bo die aarde. Die bestaande word verwoes, waardeur die menslike tot stand gebringde orde omvergewerp word. Daar ontstaan `n onvoorstelbare chaos, wat die mense in uiterste verbasing en benoudheid bring, omdat hulle nie teen sulke aarduitbarstings opgewasse is nie en daardeur tot heeltemal ander lewensomstandighede gedwing word.

`n Verandering van die aarde se oppervlak het egter nodig geword, ofskoon `n verklaring hiervoor net geestelik gegee kan word. Want aards is daar in so `n verandering geen opbou te sien nie, maar `n verwoesting en vernietiging van die bestaande. Maar geestelik is dit baie belangrik. Die gees dring uit die binneste van die aarde na buite. Sy wil aan haar ontwikkelingsgang in die vorm begin. En daar is oneindig baie fases daarvoor nodig, wat die gees moet deurmaak, totdat sy die laaste stadium van haar beliggaming op aarde bereik.

Die nog onontwikkelde gees was vir ondenkbare lang tye in die mees harde vorm gekluister gewees en sy word nou `n sekere vryheid gegee, sodat sy haarself uit hierdie vaste vorm kan losmaak, wat sy nou met wesenlike krag uitvoer. Hierdie uiting van krag word deur die mens as `n natuurkatastrofe ervaar, wat na gelang van die grootte daarvan, meer of minder smartlik vir die mens is. Al die gees word wel weer gekluister, maar bring beide die plante- en die dierewêreld eers in die noute en in versterkte mate die mense, wie uit hul rus gesteur is en tot die uiterste bedreig word. Daar gaan baie lang tye verby, totdat so `n verandering van die aardoppervlak plaasvind, omdat dit nie willekeurig kan gebeur nie, maar slegs met God se toestemming, wat Hy wel gee wanneer die wesens, in besit van vrye wil, dit nie meer gebruik nie. Dan moet daar `n vergoeding plaasvind, deurdat die nog onontwikkelde gees die gevorderde gees in verdere ontwikkelingsfases dwing, sodat hul vinniger in besit van die vrye wil kan kom. En daarom kan die aarde van tyd tot tyd en op verskillende plekke sulke veranderinge te wagte wees, wat altyd hul natuurlike oorsaak het in die voortdurende werksaamheid van die elemente in die binneste van die aarde.

Vir die wetende mens is die natuurkatastrofe dus verstaanbaar, want hy sien nie net die aardse nie, maar ook die geestelike vereiste in en hy sal steeds die bestuur van God daarin herken. Hy ken die noodsaaklikheid van die positiewe ontwikkeling van die gees. Ook is hy op hoogte van die lae geestelike toestand van die wesens wat in die laaste uiterlike vorm die aarde bevolk en van die moontlikheid om hulle te red.

Maar vir die onwetende mens is `n natuurgebeurtenis wat groot verwoestings tot gevolg het, onbegryplik. En hulle sien nie die geestelike, nóg die aardse waarde daarvan in nie. En daarom sal hulle met verbasing vervul wees wanneer die binneste van die aarde in beweging kom en hulle heeltemal magteloos oorgelewer word aan die woede van die elemente, maar wat bepaal is sedert ewigheid kom onvermydelik, sodra die Skepper van hemel en aarde die oomblik daarvoor as reg beskou. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205