BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 301

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Katastrofes in die natuur en hul geestelike verklaring

2449 Die aarde is in `n deurlopende omwenteling om haarself en bly nooit bewegingloos stilstaan nie. Dit is ook die verklaring vir die ontwikkeling van die aarde uit die oorspronklik vloeibare massa tot die vaste liggaam aarde, wat die blyplek geword het van lewende wesens van allerlei aard. Maar die aarde was nog vloeibaar en was ook nie geskik as blyplek vir enige lewende wese nie, totdat dit gestol het.

Nou breek hierdie vloeibare massa `n baan oop na die oppervlak deur uitbarstings, en dit beteken dieselfde as `n totale vernietiging van alle lewende wesens in hierdie omgewing. En daarom word sulke uitbarstings deur mens en dier gevrees, omdat dit hul algehele vernietiging meebring. Die goddelike Wysheid laat dit in gevalle van uiterste noodsaaklikheid toe, d.w.s. die Wil van God gaan elke uitbarsting vooraf, voordat dit kan plaasvind. En dit is gegrond op Sy Liefde en Wysheid.

Die kragte in die binneste van die aarde moet altyd aktief wees, want die werksaamheid gee vir die aarde, d.w.s. vir alle wesens op die aardoppervlak, die moontlikheid van lewe. Want sodra die aarde heeltemal sal stol, sal alle plantegroei ophou. Hierdie innerlike werksaamheid van die geestelike kragte is dus al `n sekere manier van diening om die gees te verlos. En daarom moet daar aan hierdie gees ook eenmaal die moontlikheid gegee word om hulle gang oor die aarde te begin om hulself te ontwikkel, ofskoon ondenkbare tye moet verbygaan voordat die gees die wisseling van vorm op aarde sal kan begin.

Elke natuurkatastrofe kan dus vir die hoogsontwikkelde geestelike wese, die mens, `n einde van sy lewensweg op aarde beteken. Maar dit is terselfdertyd vir die heeltemal onryp gees die begin van `n tydperk op aarde wat ondenkbare lank sal wees, en moet daarom as deur God gewil beskou word. Elke skepping dien slegs die doel om die gees positief te ontwikkel. As daar nou van menslike kant af nie meer `n positiewe ontwikkeling van die siel nagestreef word nie; die doel en die betekenis van die aardse lewe word dus negeer, beëindig God dan hierdie lewe en gee Hy terselfdertyd die gees, wat aan die begin van hul ontwikkeling staan, die moontlikheid om hulleself voortdurend te ontwikkel. Hy vernietig in `n sekere sin, om deur die werk van vernietiging nuwe skeppings te laat ontstaan, wat weer die gees in haarself bevat, waaraan die genade van die gang oor die aarde toegeken word. Want waar God se Liefde en Wysheid aan die werk is, gebeur niks sonder sin of doel nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205